Ford Motormaatskappy
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Ford Motormaatskapy (gewoonlik na verwys as Ford en somtyds genoem FoMoCo) is 'n Multinasionale korporasie wat motorvoertuie vervaardig. Die maatskapy was begin deur Henry Ford in Dearborn, Michigan, Verenigde State van Amerika (waar die maatskapy se hoofkwartier is). Gedurende die hoogtepunt van die maatskapy gedurende die 21ste eeu het Ford tesame met General Motors en Chrysler bekend gestaan as Detroit se "Groot Drie" motorvervaardigers, en het Amerika se motor mark gedomineer. Teen 2004 het Toyota Ford verbygesteek wat betref omset. Ford is steeds een van die wêreld se tien grootste korporasies gemeet volgende omset.
Ford het metodes vir groot-skaalse vervaardiging van motors en groot-skaalse bestuur van werkers bekendgestel byvoorbeeld die vervaardiging deurmiddel van vervoerbande. Henry Ford se kombinasie van baie effektiewe fabrieke, hoë betaalde werkers en lae pryse het vervaardiging gerewolusioneer.