Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Web Analytics
Cookie Policy Terms and Conditions Wikipedia:Geselshoekie/Argief12Jan06 - Wikipedia

Wikipedia:Geselshoekie/Argief12Jan06

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.


Inhoud

[wysig] Lys van sjablone

Ek het 'n blad Wikipedia:Lys van sjablone geskep. Voeg asseblief bestaande en nuwe sjablone by tot hierdie blad. --Wolfling 13:37, 31 Augustus 2005 (UTC)

Goeie werk hierdie. Ek wonder nou net of ons ander bydraers vir my kan sê of daar 'n manier is waarop ek 'n lys van al die sjablone wat reeds geskep is kan kry. Ek wil byvoorbeeld 'n sjabloon skep wat ek op bladsye kan plaas waar die verwysings onvoldoende is, maar ek is onseker of die sjabloon nie dalk alreeds geskep is nie. Ek weet ek het al in die verlede sjablone geskryf waarvan sommiges waarskynlik verwyder moet word, maar ek kan hulle nie weer opspoor nie. --RM 11:10, 22 September 2005 (UTC)
Zekers, via de speciale bladzijdes kan je een lijst van alle artikels in de sjabloonnaamruimte opvragen: [1]. Danielm 11:20, 22 September 2005 (UTC)

Geagte fantastiese bydraers, as 'n jongmens het ek nog nooit die woord "Sjabloon" gehoor nie, en dit klink vir my óf uiters nederlands, óf uiters pornografies. Kan ons nie met 'n meer Suid-Afrikaanse woord opkom nie. (Ek gee nie om of dit in die woordeboek is of nie, maar ek gaan dit nou opsoek!) C.L

Volgens travlang is die Afrikaanse woord hiervir: "patroon". Jcb 15:41, 22 Oktober 2005 (UTC)
Zie Wikipedia:Koppelvlak#Naamruimtes voor de eerdere discussie hierover. Danielm 20:50, 22 Oktober 2005 (UTC)
Dankie. Dis 'n baie mooi woord. Tog dink ek die Afr. woorde "Templaat" en "Template" is meer gepas. "Templaatbespreking" of "Bespreek template". WAG! Daar is 'n BAIE beter woord! Bloudruk. Is dit nou beter? *sug* CL
Wat van hiervan: Templaatkatalogus. Is ek verspot? Ek weet nie.CL
Ek is nie 'n voorstander van templaat nie, omdat die vertaling van template gewoon sjabloon is en nie templaat nie. Ons sou dan 'n pseudo-Afrikaanse vertaling gebruik. Ek dink bloudruk is inderdaad wel 'n baie mooi woord. Danielm 06:59, 25 Oktober 2005 (UTC)

[wysig] taligheid

Wou sommer gou meningsopname maak: Ek praat persoonlik eerder van 'n Engelse woord as 'n Engelstalige woord, maar sien dat Engelstalig wel in die AWS is. Dit wil voorkom asof ons Nederlandse vriende (en Voyageur) meer gereëld die ...talige-vorms gebruik. Is dit bloot ek wat nie hierdie woord gebruik nie, of is dit vir ons meer gebruiklik om bloot "Engelse" te sê? --Alias 16:22, 2 September 2005 (UTC)

Ek dink ons moet in Afrikaans van "Engelse woorde" praat. Maar Afrikaans gebruik wél "Engelstalige universiteite", "Engelstalige vorms" en "Engelstalige boeke". -Voyageur
Ek stem saam, hoe eenvoudiger en korter, hoe kragtiger, hoe beter. Terloops, Sjabloon is 'n vieslike lelike woord sou ek raai vir die algemene Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner en ek sou raai dat so woord die Afrikaanse weergawe van die Wikiklopedie :D sal onpopulariseer onder jongmense. Wil iemand nie 'n beter woord as "Sjabloon" voorstel nie, ASSEBLIEF! -C.L.

[wysig] WSpel: Die gratis Afrikaanse speltoetser vir MSWord.

Geskuif na Wikipedia:WSpel.

[wysig] Meetup in Pretoria

In case any of you could join, I would be happy to share a meal and wiki time with wikipedians around Pretoria, South Africa. I will be there from tuesday the 20th till saturday evening the 24th of september. Anthere 19:23, 13 September 2005 (UTC)

See http://mail.wikipedia.org/pipermail/wikien-l/2005-September/028404.html

See w:en:Wikipedia:Meetup/Pretoria

Ek het 'n kort beriggie geskryf by Wikipedia:Nuus. --Alias 15:12, 26 September 2005 (UTC)

[wysig] Oproep

Ek dink daar is n baie groot behoefte om meer vertalers te vind sodat elke nasie in Suid Afrika toegang tot bruikbare materiaal in hul eie taal kan kry. Nuwe Wereld Sending Dunamis doen vertaling in Duits, Italiaans, ens. maar het n probleem om ander Afrika tale in te sluit by vertaling. Dalk kan iemand help? Weet iemand waar n Vrystaatse Suthu vertaler genader kan word vir gratis vertaling van bv. Besigheids vaardighede of Teologie vir Wikipedia of selfs ons eie materiaal?(Prof. Louis M. De Bruin)[2]

[wysig] wetje

Beste Afrikaners, bijzonder vereerd ben ik met deze uitbreiding van dat gekke wetje, nu al in 4 talen! Dat twee sjablonen tegelijk gemaakt werden was ik nog niet eerder tegengekomen. Ellywa 18:32, 15 September 2005 (UTC)


[wysig] Datumformate

Vanaf my gebruikersblad opper ek graag die volgende vir algemene bespreking en konsensus. Ek sal terugraporteer as die bespreking afgehandel is. --Alias 13:01, 19 September 2005 (UTC)

Hi, i am one of the bot developers, trying to cleanup the interwikies. af: seems to have lots of weird date articles, some of the duplicates. Can you clarify the proper date formats?

  1. What is the format for days of the month? Is it April 14 or 14 April?
    1. Hierdie is reeds oor besluit. Definitief 14 April. Alias 13:01, 19 September 2005 (UTC)
  2. Is there a month/year format? i.e. en:April 2004?
    1. Dieselfde as Engels? --Alias 13:01, 19 September 2005 (UTC)
  3. Centuries AD/BC? What is the first year of the century (0 or 1)? (9de eeu v.C., 21e Eeu, 8ste eeu v.C., ...)?
  4. Decades AD/BC? What is the first year of the decade (0 or 1)? (2de eeu,...)

Deat bot developer it would be nice if you would identify yourself. A major portion of the mess you refer to was created by outsiders not identifying themselves and not responding to the community here. Please do not do anything unless in good accord with us. Yes we could use a bot to clean up and yes we can identify what needs to be done. E.g. 21e Eeu is wrong. Gebruiker:Jcwf 152.1.193.141 15:54, 19 September 2005 (UTC)

Jammer. Ek sien ek het nie sy gebruikernaam gekopieer nie. Hy het gevra dat die antwoord uiteindelik geplaas word by en:user talk:yurik. --Alias 21:55, 19 September 2005 (UTC)

Ik heb contact met hem opgenomen en zijn formaattabellen aangevuld. Wat is de juiste manier om decennia en millennia aan te geven? Jare 1980, byv? 2de millennium? Jcwf 15:45, 21 September 2005 (UTC)

Vir dekades sien ek nou my een stylgids gee "1960's" (met 'n apostroof). Die apostroof is konsekwent met hoe meervoude en verkleiningsvorme gevorm word. Ek dink egter almal (ek in kluis) het dit nié so gedoen tot nou toe nie. Ek dink darem nie daar is al te veel foute nie. --Alias 21:37, 21 September 2005 (UTC)
Hi, this is the original poster of the message. Some additional info, as posted on many different language sites:
I need your help to look at date formats for your language. I created a large list of formats here. Please take a look and fix any mistakes or add any new formats. This will help interwiki bot to match en:April 1, fr:1 avril, ru:1 апреля, zh:4月1日, and all other sites together.

What's needed: Look here at every format for your language, fix any mistakes, note any exceptions (some languages have 1st, 2nd, 3rd, etc naming schemas, or year 1 is written as '1 (year)' unlike all other years).

Also, I would like to receive a bot status on your site for my bot User:YurikBot. It will be mostly involved in interwikies.
Thank you!!!
You can contact me at en:Yurik (--70.192.56.68 21:35, 24 September 2005 (UTC))

[wysig] Wetenskappêrels

Vanaf my gebruikersblad opper ek graag die volgende vir almal se kennisname:

By en:Wikipedia:WikiProject_Science_pearls is 'n nuwe projek wat vra vir samewerking.

This project, more than other projects, will benefit from inter-wiki cooperation. Can you post a message regarding this project at your wikipedia village pump.
Thanks for your help, APH from the English wiki

Presies wat die samewerking is wat vanaf af.wp geantisipeer word, is nie vir my glashelder nie, maar ek kom graag my plig as ambassadeur van af.wp na. --Alias 13:01, 19 September 2005 (UTC)

[wysig] ISO getalnotasie

Ek sien nou weer dat Daniel my getalnotasies verander het. Ek is deeglik bewus dat die ISO notasie vir nie-engelsprekende lande 'n desimale , is. Ons gebruik egter in al ons opvoedkundige instansies die . om 'n desimaal aan te dui, hoofsaaklik vanweë ons geskiedkundige bande met die britse ryk (hoe onwillig dit ookal sy :). Ek dink om dus verwarring by Afrikaanssprekendes te voorkom moet ons die desimale punt gebruik. --RM 15:28, 21 September 2005 (UTC)

Tja... beetje laat; ik verbeter wel naar de heersende norm... :) Juist in wetenschappelijke onderwerpen lijkt het mij het meest logisch om de ISO-normen te gebruiken. Maar Wikipedia moet natuurlijk geen wetenschappelijke norm gebruiken, maar een taalkundige norm (Dat is de reden dat de Nederlandse Wikipedia niet de ISO-notatie gebruikt, maar de Europese notatie).
Als het in Afrikaans gebruikelijker is om de Amerikaanse notatie te gebruiken, dat moet Wikipedia dat ook doen. De ISO-notatie is wel de enige ondubbelzinnige notatie, indien de standaard onduidelijk is, lijkt me de ISO-notatie de betere keuze
Danielm 17:28, 21 September 2005 (UTC)
Mmm, ja. Vir my is die sentrale saak hier dat slegs een keuse ondubbelsinnig is. Wat beteken 6.234 nou? Veral terwyl ons nou weet dat mense van ander tale af kopieer: is dit net nie aangepas nie (m.a.w. 6 234), of is dit ses komma twee drie vier? 'n Tweede saak is dat amptelike reëls wel die komma voorskryf. My opinie het al bietjie versag, maar ek is bevrees dat die amptelike standaard steeds vir my na die beste lyk - nie net omdat ek dit verkies nie, maar omdat dit optimaal kommunikeer. Dit is ongelukkig 'n tameletjie --Alias 21:37, 21 September 2005 (UTC)
Ek verstaan nie. Die amptelike ISO-notasie vir engelssprekende lande is 'n desimale punt? Die oorgrootte meerderheid Afrikaners bly in engelsprekende lande en ek sluit Suid-Afrika vir alle praktiese redes daarby in. Ek verstaan nie hoekom dit nou kwansuis te laat is om dit so te doen nie? Ons gebruik in elk geval nie die amerikaanse notasie nie waar die komma gebruik word om duisende aan te dui. Buiten die algemene gebruik van die desimale punt het ek ook die volgende beswaar teen die desimale komma: as ek 'n lys maak van getalle gestel oksidasietoestande word dit tipies met kommas geskei 0,2,4 wat verwarring kan veroorsaak. --RM 22:24, 21 September 2005 (UTC)
Ek bedoel ons het op Bespreking:Berlyn drie maande terug hieroor 'n bespreking gehad, en reeds daarvoor was daar allerlei verbeterings na die kommanotasie. As 'n punt eerder gewens is sal ek graag na punte verbeter, maar ons het dus maandelang artikels verbeter tot die ISO-notasie.
Dit natuurlik nooit te laat vir verandering, dit beteken egter dat ons nu alle eerder werk ongedaan moet maak. Naar ek wees verkies die ISO-notasie ook 'n komma vir Engelstalige tekste, maar word 'n punt nie noodwendig fout gereken nie. Die probleem met ISO-standaarde is dat hulle slegs alleen teën betaling bekyk kan word :( Danielm 06:37, 22 September 2005 (UTC)
Jammer ek was glad nie bewus van die gesprek oor hierdie onderwerp nie. --RM 10:37, 22 September 2005 (UTC)

[wysig] Gebruikerportaal

Ek het regtig 'n behoefte om makliker by blaaie soos die gebruikerportaal uit te kom. My geheue laat my in die steek. Kan ons nie die portaal hier links op die sybalkie as 'n skakel laat insit nie? Ek soek my ook morsdood na die blad waar nominasies vir die artikel vir die maand gedoen word (Is tyd vir 'n nuwe ene). Groetnis --RM 06:11, 30 September 2005 (UTC)

Ja. Ek wou dit eintlik al lankal doen. Dankie dat jy dit noem, Renier. Ek het sommer inisiatief geneem en gedoen soos ek goed dink.
  • Geselshoekie steeds daar
  • +Gebruikersportaal
  • -Huidige gebeure (daar is nie eers 'n bladsy nie) --Alias 08:56, 30 September 2005 (UTC)
Dankie Alias wat sou ons nou sonder jou gedoen het! --RM 09:37, 30 September 2005 (UTC)

[wysig] Woordeboekaanstuur

Ek het pas weer Woordeboek/ uitgevee. Toe onthou ek van iemand wat een of ander tyd vertel het dat www.woordeboek.com na hierdie bladsy toe aanstuur. Dit is inderdaad so. En dit lyk asof mense wel hierdie adres probeer besoek (ek sou graag wou weet hoeveel...). Die bladsy by Woordeboek/ kan dus, om werklik vreemde redes, vir ons 'n verwelkomingspunt en reklamegeleentheid wees. Ons moet ook in gedagte hou dat meeste besoekers aan hierdie bladsy moontlik eerder in 'n woordeboek belangstel. Die verstek "View or restore 4 deleted edits? Wikipedia bevat nog nie 'n bladsy met die titel "Woordeboek/" nie." is nie werklik die ideale gebruik van hierdie situasie nie:-). Sien dus gerus my nuwe poging. --Alias 08:59, 3 Oktober 2005 (UTC)

[wysig] RobotJcb

Hallo allemaal, zal in de komende minuten hier een verzoek plaatsen voor een botflag op AF.wikipedia voor RobotJcb. Dit omdat ik anders jullie recente wijzigingen nogal overheers. Eventueel commentaar op mijn verzoek kunnen jullie de komende dagen aldaar kwijt. Groetjes, Jcb 15:37, 10 Oktober 2005 (UTC)


Ek het Jcb gevra om sy bot die 1de eeu v. Chr. in 1ste eeu v.C. te wysig en ek wil hom dank dat hy dit gedoen het. Daar is nog baie probleme in die jaarbladsye en ek hoop hulle gaan nou opgelos word Jcwf 14:39, 12 Oktober 2005 (UTC)
De skakels naar 8ste eeu zyn in orde gemaak. Jcb 18:35, 12 Oktober 2005 (UTC)

[wysig] Gpvosbot

Ik heb op meta:Requests for permissions#Gpvosbot botstatus aangevraagd voor Gebruiker:Gpvosbot. Bezwaren kunnen daar worden vermeld. Ik zal mijn bot vooral gebruiken voor interwiki's vanaf Esperanto, Latijn en Nederlands. – gpvos (bespreking) 21:44, 13 Oktober 2005 (UTC)

[wysig] Ekonomiese Knyptang

Ek is opsoek na `n ander goeie woord vir bogenoemde. Dankie

Ek raai sommer nou net Ekonomiese wurggreep? --RM 13:49, 14 Oktober 2005 (UTC)


[wysig] Ekonomiese wurggreep en WAT

  • Beste Renier,

Ja, dit sal die beste woord wees: 'Ekonomiese wurggreep'. So word dit mos ook in Nederland gesê.

Ek het netnou 'n nuwe artikel bygevoeg: WAT. Maar dié artikel is alleenlik as 'WAT' geïndekseer en nie as 'Woordeboek van die Afrikaanse Taal' nie. Weet jy miskien hoe om sulke artikels aan meerdere ingange te koppel?

Groetnis,

Marcel. --Marcel Bas 16:38, 14 Oktober 2005 (UTC)

Jy gebruik die volgende sintaks om die indeks aan te stuur na waar die hoofartikel lê # REDIRECT [[WAT]]. Groetnis. --~~~~

[wysig] Voorstel vir verbetering van Tuisblad

Hi - ek wil voorstel dat ons die tuisblad verander om elke week outomaties 'n ander artikel as artikel van die week te vertoon (Manaco is nou al bietjioe lank artikel van die maand...). Ek glo dat ons maklik 52 artikels het wat goed genoeg is om op die voorblad te vertoon en dat dit 'n lekker ritme sal wees om elke week 'n ander artikel op die voorblad te hê.

Ek het reeds die nodige kode in kommentaar op die Tuisblad aangebring en solank teks geskep vir volgende week se Voorbladartikel. Om te sien hoe die Tuisblad volgende week sal lyk as ons met my voorstel voortgaan sien gerus: Tuisblad_toetsblad. As die gemaanskap hiervan hou sal ek 'n bladsy skep waar mens dan vinnig kan sien watter weke reeds 'n voorblad artikel het en waar mense voorblad artikels kan byvoeg.

Opinies?

Laurens 14:34, 18 Oktober 2005 (UTC)

Ek ondersteun die voorstel heelhartig. Ek was al heel moeg vir vorstedom van Monaco maar self te lui om iets daaraan te doen. --RM 19:34, 18 Oktober 2005 (UTC)
Ek dink die moeg word vir Vorstedom van Monaco is wat my inspireer het om iets daar omtrent te doen... As daar geen besware teen vanaand is nie gaan ek dan voortgaan met die verandering en begin om die volgende paar weke se opsommings in te vul. Enige voorstelle vir goeie voorbladartikels? Renier - ek het gedink een van jou chemiese elemente verdien blootstelling - op watter een is jy die trotste? Laurens 07:36, 19 Oktober 2005 (UTC)
Ek sou sê yster, mangaan of chroom aangesien daar potensiaal is vir plaaslike inhoud ook. Sal net moet tyd maak om dié een of ander tyd na te vors. --RM 10:13, 19 Oktober 2005 (UTC)

(Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad - skakel vir argief en nuwe lesers)

Ja, ek wou beweeg om dit te outomatiseer vir maande, maar weke kan seker werk. Miskien kan ons steeds maande oorweeg:
  • Dit gee ons genoeg tyd om voor te berei: ons moet voorbereid wees hiervoor. Ons kan nie bekostig om 'n "leë" (rooi) artikel van die week soms te hê as mense te besig is nie. Maandeliks sal dit vir ons makliker maak.
  • Dit gee ons genoeg tyd om die artikel haarfyn voor te berei vir uitleg, taal, prentjies, kategorisering, en ook belangrik: geskakelde artikels. Iets op ons voorblad kan baie bloodstelling kry. Dit moet dus nie 'n doodloopstraat wees vir 'n besoeker nie. As al die skakels in die artikel rooi is, sal die leser teleurgesteld wees. Selfs 'n maand is dalk 'n bietjie kort om al hierdie te verrig, maar 'n week is veel erger.
  • Hierdie sal help dat ons regtig die bestes kan kies eerder as om in die volgende maand drie ekstra artikels te kies wat van minder kwaliteit is as die beste van die vier. Ag, ons het waarskynlik genoeg om 4 per maand te doen.
  • Ons kan maklik later oorskakel na artikel per week as ons meer hande en materiaal het. --Alias 12:17, 19 Oktober 2005 (UTC)


Hi Alias, jy maak goeie punte, maar ek wil tog 'n saak maak vir artikel per week.
  • Ek is redelik oortuig daar is reeds 52 artikels wat goed genoeg is om die voorblad te vertoon - uit chemiese element, van die land artikels, van Voyager se artikels, taal artikels, goed soos Kaaas en so aan kan mens vinnig by 52 bring - dan het ons nou reeds 'n jaar se artikels.
  • As iemand wat gereeld na die wiki kom kyk is 'n maand darem lank - ek voel 'n week ritme sal net lekker wees.
  • Gebruikers wat geen rooi skakels verwag gaan ons in elkgeval gou verloor op ons wiki wat maar nog aan die groei is en mense nodig wat wil help werk.
Dalk moet ons eers so 10 tot 20 artikels kies voor ons finaal besluit. ter loops ek wou eers artikel per dag voorrstel :-) Laurens 15:19, 19 Oktober 2005 (UTC)

[wysig] Lege jaartalpagina's

Is het zinvol om lege jaartalpaginas zoals 215 te handhaven? Zo nie, dan kan ek ze wel even doorlopen en met een bot de lege voorzien van een verwydersjabloon, zodat de snel verwyder kunnen worden. Jcb 21:17, 22 Oktober 2005 (UTC)

Jcwf wil ze houden, hij breidt ze regelmatig uit, dan kan ik met dat voorstellen. Het gaat echter nog lang duren voordat ze goed gevuld zijn.
P.s. As jy Afrikaans skryf, moenie die werkwoorde vervoeg nie. Gebruik altijd de persoonsvorm, behalve bij werkwoorden waarbij de meervoudsvorm niet stam + en is (zoals zien, doen, enz., in dat geval de meervoudsvorm), bijv. "ek doen", "jy doen", "ons doen", of "ek skryf", "jy skryf", "ons skryf". Danielm 21:25, 22 Oktober 2005 (UTC)

[wysig] Opinieonderzoek Wikipedia

De bekende Nederlands opiniepeiler Maurice de Hond heeft een opinieonderzoek gedaan naar de bekendheid van Wikipedia: http://nl.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Opinieonderzoek_Maurice_de_Hond?useskin=standard

Danielm 09:47, 23 Oktober 2005 (UTC)


[wysig] Wiktionary

Ik probeer al een tijdje ook de Afrikaanse wiktionary op gang te krijgen en er komen nu soms ook wat anderen daar. We hebben er een sjabloon dat verwijst naar het overeenkomstige wikipedia verhaal (indien aangwezig)

----- === ''Meer inligtinge'' === : Sien [[w:{{PAGENAME}}|Wikipedia]] vir meer inligtinge oor {{PAGENAME}}

Ik zou willen vragen of we ook een sjabloon willen hebben dat de andere kant op wijst? Er staan bijvoorbeeld zo'n 400 vertalingen van water op wikti bijv.

Op nl is hierover overigens een fikse oorlog geweest, maar dat lag vnl aan 1 gebruiker.

Weet iemand hoe ik terguverwijs naar wikti?

Gebruiker:Jcwf

Lijkt mij een goed idee. Ik weet niet hoe die verwijzing werkt, maar ik wil het straks wel even uitzoeken en een sjabloon maken. Groetjes, Jcb 19:16, 24 Oktober 2005 (UTC)
Sjabloon is er. De schrijfwijze is: {{wikt|naamvandepagina}}. Het resultaat is:
Vir woordeboekinligting, sien die bladsy water op WikiWoordeboek

[wysig] Beeld:Commons-logo.png

Hierdie beeld is verwyder van commons. Ons moet nou die .svg-weergawe gebruik. Die nadeel hiervan is dat die Wikimediasagteware dit omset in 'n png-leêr met alfa-kanaal, wat Internet Explorer nie goed weergeef nie.

Ons moet nu beslis of ons 'n png-weergawe lokaal oplaai om die IE-gebruikers van diens te wees, of dat ons ons bladsye en sjablone aanpas om die svg-weergawe te gebruik.

Daar is meer van dit soort verwyderings ingeplan. Danielm 21:43, 24 Oktober 2005 (UTC)

Ek moet nou aflyn gaan en kan dus nie nou aandag hieraan gee nie. Uit die aard van die saak wil ons eerder iéts hê as die rooi kruis, al is dit gebreek in IE (en al is dit tydelik). Om eie weergawes te onderhou neem mannekrag van ander take af weg. Blote gedagte. --Alias 22:14, 24 Oktober 2005 (UTC)

[wysig] Nuus vanaf meta:

Veral na die onlangse WSpel-storie (plaaslik), het ek gedog dit sal interessant wees om 'n skakel na en:Wikipedia:Tools/1-Click Answers (meta, Engels) te plaas. Neem kennis dat baie mense aanvanklik onder wanindruk gereageer het. Heelwat pos is ook uitgeruil op van meta se poslyste. Sover ek weet is hierdie slegs van toepassing op die Engelse Wikipedia, spesifiek. --Alias 22:09, 24 Oktober 2005 (UTC)

[wysig] Bladsy Voetnotas: Voorbehoud

Ek dink "Voorwaardes" is 'n meer gepaste Afrikaanse woord. Of "Algemene Voorwaardes" - maar dis te lank. As ek geweet het waar om dit te verander, sou ek... Kan iemand my dalk in elk geval wys?

Ek het op nog Engels afgekom: "Keer terug na Spesiaal:Search." Ek het dit gekry na ek 'n soektog gedoen het, en to op "Teken Uit" gekliek het. C.L.

Ek dink "Meer oor Wikipedia" klink dalk ook beter as "Inligting oor Wikipedia". Kleinigeidjies, rêrig. C.L.

Alleen administrateurs kan die koppelvlak aanpas; dit is om te voorkom dat 'n vandaal knopjies gaan verwissel waardeur gebruikers op die verkeerde knopjes gaan kliek. Disclaimer beteken letterlik "afwysing", maar ek dink dit is nie 'n mooi woord nie om as skakel te gebruik.
Die artikel waarna die skakel moet wys (ek sien dit bestaan nie eens) dien 'n melding te bevat dat Wikipediak deur iedereen gewysig kan word en dat Wikipedia geen aansprakelikheid neem vir die juistheid van die inligtinge nie.
Dit is dus nie die voorwaardes waaronder Wikipedia gebruik kan word nie (die voorwaardes is die GFDL), maar 'n afwysing van die aansprakelikheid oor die juistheid, of minder sterk uitgedruk, 'n voorbehoud dat die inligtinge nie noodwendig juist is nie. Ek dink daarom dat voorwaardes nie 'n sterke vertaling is nie. Danielm 05:41, 25 Oktober 2005 (UTC)
Ek vergeet Spesiaal:Search. Die naamruimte (spesiaal) is vertaalbaar, die naam van spesiale bladsye kan nie vertaal word nie. Ek is ook 'n bietjie ongemaklik hiermee, maar helaas. Danielm 05:45, 25 Oktober 2005 (UTC)

[wysig] Ooreenkoms t.o.v. Kategoriename

Het ons al 'n beleid hieroor geformuleer? Ek hou byvoorbeeld daarvan om die kategorienaam in die meervoud te doen - soos Chemiese elemente, Chemiese stowwe, Veldslae, Mense ens. Maar ek sien daar bestaan ander voorkeure. --RM 12:18, 26 Oktober 2005 (UTC)

Sover as wat en:Wikipedia:Naming conventions (categories) nie taalspesifieke dinge spesifiseer n ie, kan ons miskien maar daarby bly. Ek het nie nou deur alles gelees nie, maar dit behoort redelik te werk. En ja, ek dink die meervoude voel meer intuïtief in die gevalle wat jy noem. Ek kan nie dink dat 'n kategorie "mens" gepas is vir dinge soos Nelson Mandela, Napoleon, ens. nie. Wel miskien dinge soos homo sapiens, seksualiteit, aangesien ons "mens" gebruik vir die Engelse "person" en "human". Met die kategorie "mens" wat dan eerder op "mensheid"/"mensdom" ("human") dui as "person". Sien ook die engelse en:Category:Opera- vs en:Category:Operas-voorbeeld. --Alias 15:00, 26 Oktober 2005 (UTC)

[wysig] Administrateur

Hallo allemaal,

Ik heb me vorige week aangemeld als administrateur. Ik heb toen ook enkele gebruikers ingelicht via hun overleg. Nu heeft een steward mij gevraagd ook nog een mededeling in het Geselshoekie te plaatsen, dus bij deze. Groetjes, Jcb 23:11, 27 Oktober 2005 (UTC)

[wysig] Tuisblad beskerming

Met die veranderinge op die Tuisblad, waar die meeste veranderinge nou in sjablone aangebring sal dit dalk nou nuttig wees om die Tuisblad te beskerm en sodoende onnodige vandalisme daar te voorkom. --RM 22:14, 31 Oktober 2005 (UTC)

[wysig] Wenk

Miskien weet die ander skrywers hier dit reeds maar ek het in elk geval agtergekom dat as jy wil verseker dat teks wat met spasies geskei word bymekaar bly 'n mens &nbsp ; (sonder spasie) moet gebruik. Soos wanneer 'n mens 120 °C skryf en jy wil nie hê dat die 120 en °C op verskillende lyne verskyn nie. --RM 06:44, 1 November 2005 (UTC)

[wysig] Kapotte skakels

Ek het met die robot weblinkchecker.py alle bladsye op kapotte skakel gecontroleer. Die resultaten staan op Wikipedia:Kapotte skakels. Graag controleren en van die lys verwyderen wat jy gehad het. Jcb 23:52, 1 November 2005 (UTC)

[wysig] Burokraatskap

Ek het begin met bietjie geskryf oor burokraatskap. Sien gerus Wikipedia:Burokraat, Wikipedia:Aansoek om burokraatregte en vergelyk met en:Wikipedia:Bureaucrats, nl:Wikipedia:Bureaucraat, [3], [4], [5], ens. Gee gerus kommentaar by die betrokke bladsye. Van die bewoording is dalk nog bietjie vaag soos "redelike" of "geruime tyd", ens. Dalk is dit ook bietjie meer beleid en goeters as wat ons nodig het - ek het sommer maar vertaal en geskryf soos ek goedgedink het. Ek het hoofsaaklik van bogenoemde bladsye gebruikgemaak. --Alias 14:01, 3 November 2005 (UTC)

[wysig] Sjabloon voor 'Spelling, taal en skryfstyl'

Er is nog geen sjabloon voor spelling, taal en skryfstyl voor niet-Afrikaanstaligen op deze bladzijde [6]. Ik heb een aanzet hiertoe gedaan en dit in de Sandput geplaatst. De sjabloon moet worden nagegaan, aangepast en geplaatst worden door een Afrikaanstalige aangezien ik zelf het Afrikaans onvoldoende machtig ben.

Er gaat kennelijk steeds iets mis bij het intekenen, telkens als ik naar een nieuwe bladzijde ga word ik weer afgemeld (het 'teken in'-symbool verschijnt rechtsboven aan de bladzijde) S. de Vries 83.160.24.25 14:40, 3 November 2005 (UTC).

Idee is goed, middel is fout. Er zijn namelijk een helehoop gebreken aan een artikel te bedenken (dit artikel is te kort, dit artikel is te nationaal georienteerd, enz.) en als je voor ieder een sjabloon gaat aanmaken zijn een groot aantal artikelen binnen de kortste keren ontsierd door allerlei sjablonen die op allerlei artikelen hangen.
Beter lijkt me een variant te maken van Wikipedia:Dit kan beter, een pagina waarop je een kopje "spelling, taal" aanmaakt en daar alle artikelen onder zet die aandacht benodigen.
Danielm 19:31, 3 November 2005 (UTC)

[wysig] Vertalings

Ek hoop iemand kan help. Ek het sopas aangesluit by die gemeenskap. Met die eerste oogopslag kon ek nie 'n verwysing kry wat verduidelik hoe mens tewerk sou gaan om artikels vir die Afrikaanse Wikipedia uit bv. die Engelse Wikipedia te vertaal nie. Is daar kopiereg probleme met vertaling en word dit deur die gemeenskap aangemoedig? Enige hulp sal waardeer word, dankie. Arnobarnard 15:43, 4 November 2005 (UTC)

Alles in die andere Wikipedia's (Engels, Bretons, Malayalam ens.) is onder GNU/FDL en kan dus vertaal bewerk, ontken of uitgebrei word. Van ander bronne is dit 'n andere saak. Gebruiker:Jcwf
Welkom, Arno! Die hele idee van die lisensie van die werk hier (GNU/FDL) is dat dit almal die vryheid gee om dit weer te gebruik vir min of meer enige doel. Gebruik gerus bronne van die Nederlandse of Engelse Wikipedia (of enige ander taal wat jy verstaan). Ek vind dat mens die beste uit meer as een dalk kan gebruik om iets te maak wat selfs nog beter is. Net soos met enige ander bron moet mens die bronne noem. Anders sal ons geloofwaardigheid skade ly. --Alias 19:01, 4 November 2005 (UTC)

[wysig] Skooltake

Dit is bemoedigend om te sien dat www.skooltake.co.za 'n eksterne skakel na die Afrikaanse Wikipedia aanbied. Ongelukkig is die eerste navraag wat moontlik van daardie webwerf gekom het en per ongeluk as 'n artikel gestoor is, sommer net geskrap. Miskien moet ons kinders wat graag inligting vir skooltake wil vind (Androtredoux@telkomsa.net) 'n bietjie behulpsaam wees.

Ek weet feitlik niks oor Zoeloe-danse nie, maar daar is miskien ander gebruikers wat skakels of ander inligting oor belangrike bronne in verband met hierdie onderwerp kan oplys. -Voyageur

[wysig] Statistieke

Die statistieke van Erik Zachte is weer beskikbaar; http://www.wikipedia.org/wikistats/NL/Sitemap.htm Danielm 20:11, 11 November 2005 (UTC)

[wysig] DMOZ

Sorry dat hieronderstaande mededeling in het Nederlands is. Hoewel ik het Afrikaans best aardig kan lezen, kan ik het niet schrijven. Ik heb begrepen dat men hier de voorkeur heeft voor Nederlands boven Engels. Dus bij deze.

Op de Afrikaanse pagina van DMOZ en onderliggende pagina's staat de link naar de 'sister sites' een link naar de Engelse Wikipedia. Dat is vreemd want

  • bij de Nederlandstalige Wikipedia gaat de link voor de 'nevensites' naar nl.wikipedia.org
  • de Duitse 'Schwestersites' linkt naar de.wikipedia.org
  • de Franse 'sites analogues' linkt naar fr.wikipedia.org
  • de Deense 'beslægtede web-steder' linkt naar da.wikipedia.org

en hetzelfde voor Catalaans, Tsjechies, Noors en nog veel meer talen. Wellicht kan iemand van jullie op Resource-Zone (het forum van DMOZ-medewerkers) op het Non-English forum vragen of ze dat willen veranderen van "en.wikipedia.org" naar "af.wikipedia.org". Groetjes, Robotje 09:10, 16 November 2005 (UTC)

[wysig] Laai lêer skakel

Ek sien vanoggend kan ek glad nie lêers laai nie? Weet iemand dalk wat fout is? --RM 05:50, 18 November 2005 (UTC)

[wysig] Navigasie

Hallo daar.

Ek is besig om 'n Afrikaanse Boek te skryf oor navigasie vir gebruik deur Avontuursport geesdriftiges, Bergfietsryers, Stappers ens. Ek soek die korrekte Aafrikaanse vertaling vir "Cape Datum". Enige hulp sal verwelkom word.

Deon Steyn

Hi Deon, kan jy bietjie meer konteks gee, vir die oningewydes: wat is "Cape Datum"?
Gaan jy vir ons 'n artikeltjie bydra oor die onderwerp?
Laurens 07:22, 19 November 2005 (UTC)
Hier is twee skakels vir Wikipediane wat belangstel: [7] en [8]. Na aanleiding van samstellings in ander tale sou ek gerus "Kaapse Datum" gebruik, net soos "Greenwichdatum" en "Greenwich Datum" in Nederlands en Duits. -Voyageur

[wysig] Babel

Ek wou so twee weke terug met Wikipedia:Babel begin, maar het nie daarby uitgekom nie. Intussen het iemand ons daarmee gehelp. Baie dankie. Nou wonder ek net tot watter mate ons dit presies dieselfde as ander plekke wil doen. Sien gerus die Nederlandse nl:Wikipedia:Babel (wat ek persoonlik dink lyk heelwat beter) veral wat die kategoriename betref. Ons wil tog sekerlik ten minste die kategoriename vertaal. Ek het ook 'n interessante idee in gedagte ten opsigte van die sjablone. Miskien in Desember... --Alias 20:11, 19 November 2005 (UTC)

[wysig] FINODIKA

'n Onlangese referaat wat vir WSEAS geskryf is en aanvaar is vir 'n konferensie in Corfu het gehandel oor die elektromagnetiese spektrum kleiner as gamma strale wat genoem is Urlic-strale en ook oor 'n verskynsel soortgelyk aan kosmiese strale, waar mensgemaakde bronne, golfpakkies opmaak amper soos 'n golf resep met hoë energie strale soos X-strale, Gamma strale en Urlic strale. Die geprogrameerde golwe is volgens die van Duyker formule (2004)verandwoordelik vir berekenbare verhogings in temperatuur wanneer dit getoets word op bobejaanbriene, en ander bestraalbare biomassas. 'n Geskikde borg kon nie gevind word vir navorsing op die gebied nie, en die teorie is nog net 'n formule en baie verbeelding.

Kontak jan@702mail.co.za as jy in die onderwerp belang stel

Interessant Jan, maar die geselshoekie is nie vir daardie goeters bedoel nie. Maar as jy 'n lemma oor Urlic-strale wil skryf sou dit baie welkom wees. Ek het nooi daarvan gehoor nie.

Jcwf 20:47, 22 November 2005 (UTC)

[wysig] KOKERBOME

KAN IEMAND MY DALK RAAD GEE OOR DIE UITPLANT/AANPLANT VAN KOKERBOME? EK IS WOONAGTIG IN DIE WES KAAP EN HET AL GESIEN IN TYDSKRIFTE DAT KOKERBOME IN CITRUSDAL GROEI, NIE TE VER HIER VAN AF NIE, MAAR DIE ARTIKELS OP DIE WEBWERWE ENS DUI TOG AAN DAT DIE TIPE PLANT IN DIE DORRE STREKE TE VIND IS. SAL DIT WYS WEES OM DIT IN DIE WES KAAP TE PROBEER AANPLANT. DIE BOOM IS OOK RELATIEF DUUR, ENIGE ADVIES OOR DIE PRYS DAARVAN, EK WIL NIE GRAAG INGELOOP WORD NIE. DANKIE BY VOORBAAT. C

Het u ons artikel Kokerboom al besoek? Meer inligtinge kan gevind word by nl:Kokerboom en de:Köcherbaum. Danielm 18:16, 27 November 2005 (UTC)

[wysig] Scarborough

Gisteraand is wikipedia hier in die VS op televisie gewees. Baie negatief: 'n medewerker van Robert Kennedy (Siegentaler) is ondervra oor die -glo onjuiste en griewende- informatie wat maande lang op wiki oor hem te lees was -bygedra deur anoniem-. Wiki is niks gevra nie, maar iedereen is afgeraai informasie van wiki te glo. Jcwf 21:55, 3 Desember 2005 (UTC)

Die Village pump op die Engelse wiki bespreek tans die soort sake. Daar is ook 'n verwysing na die Suid-Afrikaanse Mail&Gaurdian artikel: Can you trust Wikipedia. Dit noem nie die Afrikaanse weergawe nie. Laurens 21:59, 4 Desember 2005 (UTC)
..The largest language areas are English, German, French, Japanese and Polish.

.. Hmm, die Nederlandse is groter as die Poolse... Jcwf


Inligting oor die Seigenthaler saak kan gevind word by A false Wikipedia 'biography'. Laurens 22:04, 4 Desember 2005 (UTC)

[wysig] Finodika

Die studie van mensgemaakde elektromagnetiese golfkombinasies. Die resulterende golfpakkies het deur sinergisme unieke eienskappe

Finodika, J. C. van Duyker, 2005


Hierdie bydrae hoort nie in die geselshoekie nie. Daarenbo is wiki nie die plek waar eie, origineel ondersoekwerk gepubliseer moet word nie. Ons stigter Jimbo Wales het dit eksplesiet uitgesluit. En ja daar is 'n klomp redene. Jcwf 20:51, 4 Desember 2005 (UTC)

[wysig] Name van historiese figure

Ek het al oor die name van Romeinse persone en Pouse gepraat en ons het besluit die volle name met hulle latynse -us uitgang te gebruik. Dus Pous Martinus IV, nie Pous Martin IV soos in Engels nie. Maar wat doen ons met die name van byv. Franse koninge, soos Louis XIV, Philippe VI, Henri IV. In Nederlands is dit Lodewijk XIV, Filips VI en Hendrik IV. Ek ken die Afrikaanse ekwivalente nie altyd nie en op die dag-gebeurtenisse is dit nie altyd duidelik nie. (Asseblief nie Henry IV nie?) Jcwf 22:07, 4 Desember 2005 (UTC)

Ek sou voorstel ons los die Franse name in die oorspronklike Franse vorm behalwe as daar 'n gevestigde Afrikaanse naam is soos Karel die Grote. Laurens 07:56, 17 Desember 2005 (UTC)

[wysig] Walesverwikkelinge

Interessante verwikkelinge: Altyd jammer as mens dit vanaf eksterne nuusbronne eerste moet kry: Anonieme gebruikers gaan dalk nie meer nuwe artikels kan skep nie (ek sien steeds niks amptelik op meta nie) en CNN-onderhoud met Jimmy Wales (hou verband met eerste artikel). Mmm... --Alias 07:04, 6 Desember 2005 (UTC)

Ek dink partykeer ook daar sal minder vandalisme wees as die klein bietjie moeite om in te teken vereis word. (Bly mos nog steeds relatief anoniem). --RM 13:01, 7 Desember 2005 (UTC)
Ekt intussen nou ook bietjie meer gelees gekry: dit is vir eers net 'n eksperiment, en soos dit vir my lyk, net by Engels. Ons moet besef dat ons op 'n heeltemal ander stadium is in die lewensiklus van 'n Wikipedia as wat Engels nou is. Ek dink ons kan 'n klomp van ons vandalisme uitsny deur bloot nuwe artikels van anonieme gebruikers in Nederland te beperk. Maar nou ja, ons moet maar aanhou om die vuilwerk te doen. --Alias 13:34, 7 Desember 2005 (UTC)


[wysig] Wikipedia:General disclaimer

Op wikitionary word op hierdie bladsy gereeld spam gesit. Ons het 'n disclaimer nodig (Sien walesverwikkelinge hierbo) wat ons dan in 'n beskermde baldsy kan maak. Ek het die Nederlandse versie oorgeneem en sal poog te vertaal, maar dit sal beter wees as een van die regte Afrikaanse dit oorneem.

Jcwf 15:25, 15 Desember 2005 (UTC)

[wysig] Reparatie

Kategorie:Tuisblad is een "circelreferentie" (circular reference): het verwijst naar zichzelf. Ik weet niet genoeg afrikaans om dat goed te repareren. 82.156.237.68 11:32, 22 Desember 2005 (UTC)

[wysig] Geseende Kersfees

Voor ek op vakansie gaan wil ek net al die mede wikipediane 'n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwejaar toewens. Kom ons mik vir 10 000 artikels in 2006. --RM 16:23, 22 Desember 2005 (UTC)

Baie Dankie Renier. Ook van my aan jou en al die mede wikipediane: geseënde Kersfees en 'n baie goed 2006 Jcwf 20:23, 22 Desember 2005 (UTC)

Geniet die vakansie Renier - ek hou van jou ambisie! Laurens 21:46, 22 Desember 2005 (UTC)

Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu