Hamlet
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Hamlet is 'n tragedie deur William Shakespeare en is een van die skrywer se bekendste en mees aangehaalde toneelstukke. Daar is bewyse dat die toneelstuk reeds voltooi en opgevoerd was teen 1600, maar sommige verwerkings (wat steeds bestaan) is die volgende jaar nog bygevoeg.[1] Hamlet is sekerlik een van Shakespeare se gewildste toneelstukke, as mens byvoorbeeld kyk na die aantal opvoerings is dit die mees opgevoerde Shakespeare-toneelstuk by die Royal Shakespeare sedert 1879.[2] Die plot behels elemente van wraak, moord, eksistentialisme en bonatuurlike verskynsels. Die toneelstuk beloop 4,045 lyntjies en 29,551 woorde lank, wat Hamlet Shakespeare se langste toneelstuk maak.[3]