Harrismith
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Harrismith is ‘n Oos-Vrystaatse dorp geleë aan die N3 hoofroete tussen die Witwatersrand en KwaZulu-Natal. Die dorp is in 1849 gestig en vernoem na Sir Harry Smith, goewerneur van die Kaapkolonie (1848-1852). Harrismith was reeds gedurende die 19de eeuse goud en diamand stormlope gewild weens prospekteerders wat die dorp besoek het onderweg na die hawe in Durban. Die Platberg (‘n berg net buite die dorp) is bekend vir die jaarlikse bergmarathon.