Helen Zille
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Helen Zille (Johannesburg, 9 Maart 1951) is die burgemeester van Kaapstad en lid van die Demokratiese Alliansie (DA). In die 2006 munisipale verkiesing het die DA die grootste party in Kaapstad geword met 42% van die stemme. Helen Zille is verkies as die nuwe burgemeester met 106 stemme teenoor 103.
Inhoud |
[wysig] Vroeë lewe en loopbaan
Nadat sy 'n BA graad by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg behaal het, het sy haar loopbaan as politieke verslaggewer van die Rand Daily Mail begin. In die rol het sy bekendheid verwerf met die oopvlek van die omstandighede waaronder Steve Biko in polisie aanhouding te sterwe gekom het[1]. Helen Zille was te vore 'n lid van die anti-apartheidbeweging genaamd Black Sash die End Conscription Campaign, en die South Africa Beyond Apartheid Project en die Kaapstad Vredeskommitee. Sy het ook getuienis ingesamel vir die Goldstone Kommissie wat pogings ondersoek het om die Wes-Kaap voor die verkiesing in 1994 te destabiliseer. Sy het die posisie van hoof van openbare betrekkinge van die Universiteit van Kaapstad beklee.
As hoof van die beheerliggaam van die Grove Primary School het sy in 1997 suksesvol 'n regeringsbeleid wat beheerliggame se magte om personeel aan te stel sou ingekort het betwis [2]. Sy was Lid van die Uitvoerende Raad vir Onderwys in die Wes-Kaap provisiale regering en het daarna 'n DA-parlementslid geword. In die DA het sy die posisie van onder-federale voorsitter beklee en was sy die nasionale woordvoerder vir onderwys. Sy was 'n finalis in die Suid-Afrikaanse vrou van die jaar toekenning in 2003[3].
[wysig] Burgemeesterskap
Zille het van meet af vel opposisie en konfrontasie van die ANC moes verduur nadat sy in 2006 deur 'n koalisie tot Burgemeester verkies in. In September 2006 het die provinsiale lid van die uitvoerende raad (MEC) Richard Dyanti, aangekondig dat hy beplan om die stad se politieke stelsel te verander. Dyanti wou 'n uitvoerende komitee stelsel afdwing wat die burgemeester komitee stelsel sou vervang. Die skuif sou daartoe lei dat Zille van haar burgemeesterlike magte ontneem sou word en haar rol sou tot 'n seremoniële rol verswak word. Dit sou die ANC en die Onafhanklike Demokrate (OD) in staat stel om 'n effektiewe meerderheid te vestig aangesien die partye saam 6 van die 10 plekke op die komitee sou beklee. Zille het gedreig om die saak na die Grondwetlike Hof te neem. Die saak is op die ou einde beslg nadat Zille ooreengekom het om die ANC addisionele sub-komitees toe te ken in gebiede wat die party beheer het.
'n Verdere krisis het ontstaan toe die African Muslim Party (AMP) deur Zille gevra is om uit die koaliesie te bedank nadat AMP lid Badih Chaaban in die geheim samesprekings met die ANC gevoer het en nie Zille nie wou toegee tot eise vir 'n onderburgemeester pos vir die AMP nie. Zille het die krisis egter afgeweer deur 'n ooreenkoms met die OD aan te gaan waarvolgens die party by die koalisie sou aansluit en OD lid Charlotte Williams onderburgemeester geword het.[4]
[wysig] DA leierskapsverkiesing
Zille word gesien as 'n moontlike opvolger van Tony Leon as leier van die DA wanneer 'n nuwe leier in Mei 2007 verkies word. Op 15 Maart kondig sy aan dat sy wel in die DA-leier verkiesing in Mei sal deelneem. In die aankondiging dui sy ook aan dat sy nie van plan is om af stand te doen van die Burgemeester pos in dien sy suksesvol is nie. In die aankondiging het sy praktiese relings voorgetel om beide ampte suksesvol te bedryf en ook daarop gewys dat alle Suid-Afrikaanse staatshoofde in die geskiedenis beide hulle party leierskaprol en uitvoerende rol tegelykertyd vervul het en dat die Franse president Jacques Chrirac tegelykertyd burgemeester van Parys en partyleier was. Die leier van die Onafhanklike Demokrate in Kaapstad het in die openbaar aangekondig die party haar in die onderneming steun. Zille het aangedui dat sy die grootste uitdagings sien om die party se tradisionele steunbasis te behou en die uitbou van swart steun. [5]
Vooraf gegaan deur: Nomaindia Mfeketo |
Uitvoerende Burgemeester van Kaapstad 15 Maart 2006 – |
Opgevolg deur: - |
[wysig] Verwysings
- ↑ IOL Education plan puts quality schools on edge, Besoek op 18 Maart
- ↑ Redeploying teachers set for revival, Besoek op 18 Maart 2007
- ↑ Woman of the Year 2003 finalists, Besoek op 18 Maart 2007
- ↑ IOL First things first for deputy mayor, Besoek op 18 Maart 2007
- ↑ Beeld Zille wil DA-leierskap hê, Besoek op 18 Maart 2007