Henry IV, Part 1
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
The History of Henrie the Fourth, Part 1 is 'n historiese toneelstuk deur William Shakespeare. Dit is die tweede van Shakespeare se vierdelige reeks wat die opvolgende heersings van Richard II, Henry IV (twee toneelstukke), and Henry V behandel. Henry IV, Part 1 beskryf 'n deel van geskiedenis wat begin met die Slag van Humbleton Hill en die geveg tussen Sir Henry 'Hotspur' Percy en Archibald Douglas, die vierde Graaf van Douglas, in 1402 en eindig met die verlies van die rebelle by Shrewsbury in mid-1403.[1]. Dit was waarskynlik vir die eerste keer in 1597 opgevoer.[2] Die toneelstuk was van die begin af uiters gewild met beide die publiek en die kritici.[2]