Java (programmeertaal)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Java is 'n programmeertaal ontwikkel deur Sun Microsystems om platform-onafhanklike programmatuur te ontwikkel. Dit is 'n taal in die C-familie van tale en is sterk objek-georiënteerd. Java-programme benodig 'n Java-looptydomgewing (JRE, Java Runtime Environment) om in uit te voer. Sulke omgewings is vir verskeie bedryfstelsels beskikbaar.
Vir ander betekenisse van die begrip Java sien Java.