Johann Rossouw
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Johann Rossouw is 'n filosoof en is redakteur van Die Vrye Afrikaan. Hy het filosofie studeer aan die Universiteite van Pretoria en Suid-Afrika en is 'n kenner in die filosofie van tegniek, politiek en kultuur. Hy was ook navorsings- en kommunikasiebeampte van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. Johann Rossouw is redaksielid van die Fragmente: Tydskrif vir Filosofie en Kultuurkritiek en lid van die werkkomitee van die Groep van 63. Hy is ook 'n gereelde bydraer tot Litnet. Hy het Pascal Quignard se Elke Oggend van die Wêreld vertaal. Hy is tans besig met 'n proefskrif oor tegniek en republiek in die Afrikaanse gemeenskap onder leiding van Régis Debray aan die Universiteit van Lyon-III in Frankryk.
[wysig] Bibliografie
- Pascal Quignard se Elke Oggend van die Wêreld (vertaling) (2000).
Hierdie Johann Rossouw moet nie verwar word met Johann Rossouw wat ook bydraes tot Litnet lewer vanuit Taiwan nie.