Kergueleneilande
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Kergueleneilande of die Kerguelenargipel (Frans: Îles Kerguelen of Archipel de Kerguelen of amptelik Archipel des Kerguelen of amptelik Archipel Kerguelen) is 'n eilandgroep in die suidelike Indiese Oseaan. Die Kergueleneilande is geleë by 49°15′S 69°35′E. Die hoof eiland, Grande Terre, oorspronklike Desolation Island genoem, is 6,675 km2 groot en word omring deur 300 ander kleiner eilande wat 'n argipel 7,215 km² groot vorm. Die klimaat is koud, baie winderig en die see is gewoonlik rof.
Die belangrikste van die satteliet eilande is:
- Îles Nuageuses (Noordwes)
- Île de Castries 48°41′S 69°29′O
- Île Leygues (Noord)
- Île Howe (Noord) 48°50′S 69°25′O
- Île Saint-Lanne Gramont (Noord, oppervlak 45.8 km², 48°55′S 69°12′E)
- Île Foch (Noord, oppervlak 206.2 km², hoogte 687 m)
- Île du Port (Noord, in die Golfe des Baliniers, oppervlak 43.0 km², hoogte 340 m)
- Île Violette 49°07′S 69°40′O
- Île de l'Ouest (Wes)
- Île aux Rennes (Suidoos, oppervlak 36,7 km², hoogte 199 m, 49°32′S 69°54′E)
Die hoofeiland is 150 km van Oos na Wes en 120 km van Noord na Suid. Die hoogste piek is Mont Ross, met 'n hoogte van 1850 m. In die Weste word dit bedek deur Cookgletser. Die eiland het talle skiereilande, soos:
- Péninsule Courbet (Oos)
- Presqu'île Jeanne d'Arc (Suidoos)
- Presqu'île Ronarch (Suidoos, geheg aan Presqu'île Jeanne d'Arc)
- Péninsule Rallier du Baty (Suidwes)
- Péninsule Loranchet (Noordwes)
- Presqu'île de la Société de géographie (Noord)
- Presqu'île Joffre (Noord)
Die eilande is een van vier distrikte van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede, en is in Februarie 1772 deur Yves-Joseph de Kerguelen-Trémarec ontdek. Die argipel is ontgin vir sy rob bevolking tot die vernietiging van die bevolking, pelsrobbe in die 18de eeu en seeolifante in die vroeë 20ste eeu. 'n Aantal ekspidisies het die eilande vlugtig besoek insluitend die van James Cook in 1776.
Tydens Kersfees 1940 was die Duitse hulpkruiser Atlantis by Kergueleneiland. Gedurende die besoek het hulle onderhoud gedoen en watervoorraad hernu. Die bemanning se eerste ongeval gebeur toe 'n matroos val terwyl hy die skoorsteen verf. Hy is begrawe in wat soms "die mees suidelike Duitse soldaatgraf" genoem word.
Kerguelen is sedert 1949 deur 'n klein aantal wetenskapspanne, met 'n bevolking van tussen 50-100 altyd teenwoordig, gebruik. Daar is ook 'n satellietvolgstasie. Die hoofeiland is die tuiste van 'n goed gevestigde wilde huiskatbevolking wat van skeepskatte afstam. Hulle oorleef van seevoëls en nie-inheemse konyne wat na die eilande ingevoer is.
Die hoofbasis, "hoofstad" van die distrik, is geleë by die oorstelike punt van die Golfe du Morbihan by 49°21′S 70°13′O en staan bekend as Port-Aux-Français. Fasiliteite sluit 'n kroeg, gimnasium, hospitaal, biblioteek en die kappel van Notre-dame des Vents. Historiese plekke, almal op die hoofeiland sluit in:
- Anse Betsy (historiese geomagnetiese stasie by 49°10′S 70°13′E)
- Baie de l'Observatoire (historiese geomagnetiese stasie by 49°21′S 70°12′E)
- Cabane Port-Raymond (wetenskapkamp by 49°20′S 69°49′E)
- Cap Ratmanoff (geomagnetiese stasie by 49°14′S 70°34′E, die mees oostelike punt)
- La Montjoie (wetenskapkamp by 48°59′S 68°50′E)
- Port Bizet (seismographic station at 49°31′12 S°69′54)
- Port Christmas (historiese geomagnetiese stasie by 48°41′S 69°03′E)
- Port Couvreux (voormalige walvisstasie en geomagnetiese stasie by 49°17′S 69°42′E)
- Port Curieuse (hawe aan die Weskus by 49°22′S 68°48′E)
- Port Douzième (leeterlike Twaalfde Hawe, hut en geomagnetiese stasie by 49°31′S 70°09′E)
- Port Jeanne d'Arc (voormalige walvisstasie en historiese geomagnetiese stasie by 49°33′S 69°49′E)
Sedert 1963, is 49°22′S 70°14′E 'n lanseerplek vir peilvuurpyle (meestal Arcas, Dragon en Eridan).
[wysig] Die Kergueleneilande in fiksie
- In die seervaardersroman Desolation Island, een van die Aubrey–Maturin reeks deur Patrick O'Brian, herstel die bemanning hulle stukkende skip op 'n eiland wat sterk ooreenkom met Kerguelen, alhoewel daar later in die boek beweer word dat 'n ander Desolation Island is.
- In The Narrative of Arthur Gordon Pym of Nantucket, Edgar Allan Poe se enigste voltooide roman, stap die bemanning van die Jane Guy by Kergueleneiland aanwal voor hulle op die ou einde aanbeweeg na die Suid-Pool.
- Die argipel speel 'n rol in die roman Kilo Class deur Patrick Robinson ISBN 0-06-109685-7
- Warbots (no. 5) Operation High Dragon behels 'n geheime Sjinese militêre basis geleë op Kergueleneiland. ISBN 1558171592
- In die deense grafiese roman Mikkeline på skattejagt (Mikkeline se skattejag) deur tekenaar en stokiesvehaalskrywer Claus Deleuran, speel Desolation Island 'n belangrike rol in die knoop. In die grappige storie dien die aktiewe vulkaan Mont Ross as 'n agterdeur na die hel soos beskryf in The Divine Comedy deur Dante Alighieri. ISBN 87-7378-244-0
[wysig] Kyk ook
- Franse oorsese départemements en gebiede
- Administratiewe afdelings van Frankryk
- Sub-antarktiese eilande
- Kerguelenkool
[wysig] Eksterne skakels
- Amptelike webwerf
- Amptelike webwerf
- Kerguelen Argipel
- Suidelike & Antarktiese Gebiede
- Rebruke oor Kerguelen uit The Times
- Persoonlike werf met baie beeld
- Desolation Island - Geskiedenis en Geografie
- Voorpyllansering op die Kergueleneilande
- Geomagnetiese Stasies
- Weervoorspelling vir die Kergueleneilande
Distrikte van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede | ![]() |
---|---|
Amsterdameiland/Sint-Paul - Crozeteilande - Kergueleneilande - Adélieland |