Kraft durch Freude
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die organisasie Kraft durch Freude (KdF) is op 27 November 1933 as 'n ondergeskikte afdeling van die Nasionaal-Sosialistiese Deutsche Arbeitsfront gestig en het tydens die Derde Ryk van Duitsland die vryetydsbesteding van die beroepsbevolking met danspartye, konserte, toneel- en operaopvoerings georganiseer en bied ook spesiale vakansiereise aan vir werkers wat goeie prestasies behaal het.
Die Nasionaal-Sosialistiese Party van Duitsland (NSDAP) gebruik die KdF-organisasie om sy invloed uit te brei en toestemming vir die NSDAP-bewind te kry.
Die bekendste instellings en projekte is die KdF-motor, wat uiteindelik nie meer afgelewer kan word nie, die passasiersskip Wilhelm Gustloff, wat vir kruisvaarte gebruik word, en die vakansieoord Prora op die eiland Rügen, wat egter nie voltooi is nie.
Die eerste kruisvaart van die KdF na die Portugese eiland Madeira vind op 10 Maart 1935 plaas. Vanaf die jaar 1936 word sogenaamde Betriebssportgruppen in die lewe geroep, wat die sportbedrywighede van Duitse werkers onder die invloed van die NS-ideologie bring.
[wysig] Eksterne skakels
- Kraft durch Freude (Artikel van die Duitse Historiese Museum)
- Uitgebreide inligting oor die KdF op die webwerf van Shoa.de