Kroonstad
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kroonstad is 'n dorp in die noordelike deel van die Vrystaat en is gestig in 1855. Kroonstad is vernoem na 'n perd, genoem Kroon, wat besit is deur Adriaan de la Rey. Die perd is beseer in die Kroonspuit. Die Valsrivier vloei deur die dorp.
Die bevolking van Kroonstad was 110,963 in 1991. Kroonstad was die hoofstad van die Oranje-Vrystaat van 13 Maart tot 11 Mei 1900. (Sedertdien is Bloemfontein die hoofstad.)
'n Groot deel van die ontwikkeling en ekonomie van die dorp is te danke aan die mielieboerdery in die streek, die groot militêre basis, die groot gevangenisdiensaanleg (insluitend die -opleidingskollege) en die spoorweg.
Die dorp het 'n ryk geskiedenis in terme van die Anglo-Boere oorlog.