Vrystaat
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
||||
![]() |
||||
Hoofstad | Bloemfontein | |||
Grootste stad | Bloemfontein | |||
Eerste Minister | Beatrice Marshoff (ANC) | |||
Oppervlakte - Totaal |
Geranglys 3de 129 480 vk km |
|||
Bevolking - Totaal (2001) - Bev.digtheid |
Geranglys 8de 2 706 776 21 / vk km |
|||
Tale | Sotho (62%) Afrikaans (14%) Xhosa (9,5%) |
|||
Etniese verdeling | Swartes (88,0%) Blankes (8,8%) Kleurlinge (3,1%) Asiërs (0,1%) |
|||
Die Vrystaat is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Bloemfontein wat ook Suid-Afrika se geregterlike hoofstad is.
Die Vrystaat lyk op die landkaart nog net soos die ou Boererepubliek van die negentiende eeu (Oranje-Vrystaat) - daar in die landelike hartland van Suid-Afrika. Maar in die twintigste eeu is die landelikheid veral in die noorde enigsins aangetas deur die ontdekking van goud en die vervaardiging van olie uit steenkool. Die ou naam Oranje-Vrystaat is in Junie 1995 tot Vrystaat verkort.
Inhoud |
[wysig] Demografie
[wysig] Geografie
Oppervlakte: Sowat 129 480 km2.
[wysig] Ligging en topografie
Die Vrystaat lê tussen die Oranje- en die Vaalrivier en word omring (van bo af soos die horlosiewysers loop) deur Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Lesotho, die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en Noordwes. Die provinsie is geleë op die Hoëveld, die groot plato waarop 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse binneland lê. In die verre weste is die Vrystaat plat en yl begroei, maar die res van die provinsie word deur uitgebreide grasvlaktes gekenmerk. Die landskap raak heel aanskoulik in die Oos-Vrystaat namate 'n mens die Drakensberge nader.
[wysig] Dorpe en stede
- Arlington
- Bethlehem
- Bethulie
- Bloemfontein
- Bothaville
- Brandfort
- Ficksburg
- Frankfort
- Harrismith
- Heilbron
- Hennenman
- Jagersfontein
- Koffiefontein
- Kroonstad
- Ladybrand
- Odendaalsrus
- Parys
- Petrus Steyn
- Phuthaditjhaba
- Reitz
- Rouxville
- Sasolburg
- Senekal
- Thaba Nchu
- Theunissen
- Virginia
- Vrede
- Welkom
- Winburg
[wysig] Ekonomie
Die Vrystaat is 'n belangrike mynbou-provinsie in die middel van Suid-Afrika en goud, diamante en steenkool word ontgin. Sintetiese brandstof word in Sasolburg uit steenkool vervaardig. Op die koop toe is die provinsie 'n vername landbousentrum waar 'n groot verskeidenheid van gewasse gekweek word, waaronder mielies, aartappels, sonneblomsaad, koring en sorghum. Die meeste van die land se kersies word in die Ficksburg-gebied geoes. Suiwel- en skaapboerdery dra ook grootliks tot die ekonomie by.
[wysig] Bronne
Provinsies van Suid-Afrika | ![]() |
---|---|
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap |