Man
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
- Hierdie artikel toon die verskil tussen 'n man en 'n vrou aan.
- Die artikel oor die eiland Man, is hier.
'n Man is 'n manlike menslike volwassene, in teenstelling met 'n volwasse vrou. Die uitdrukking man (meervoud: mans; en manne, wanneer daar 'n meer figuratiewe betekenis is) word gebruik om die biologiese geslagsverskille, die kulturele geslagsrolverskille, of albei aan te dui.
'n Seun is 'n manlike menslike kind, in teenstelling met 'n vroulike kind wat 'n dogter genoem word. Die uitdrukking word soortgelyk gebruik vir dieselfde verskille as in die vorige paragraaf. Nadat seuns volwassenheid betree, staan hulle bekend as mans.
Inhoud |
[wysig] Geslagskenmerke
Die man het verskeie geslagseienskappe wat verskil van die van die vrou. Nes in die vrou, is die geslagsorgane -- die penis en die testes in die man se geval -- deel van die voortplantingsisteem. Die man se sekondêre geslagseienskappe het ook 'n kleiner rol in hierdie selfde area te speel. In teenstelling met die vrou, is die man se geslagsdele grootliks uitwendig, maar daar is belangrike organe in hierdie sisteem wat inwendig is. Die studierigting van manlike voortplanting en die organe daarmee geassosieer, word andrologie genoem.
[wysig] Die rol van die man in die samelewing
Mans verskil heelwat van vroue as 'n mens na hul onderskeie rolle in die samelewing kyk.
- Mans, as 'n groep beskou, word gesien as aggressiewer as vroue buitekant die huishouding. Aan die ander kant bevind navorsing dat mans en vroue ewe aggressief is in verhoudings.
- Baie min mans gebruik skoonheidsmiddels of dra klere wat gewoonlik met die vrou se rol geassosieer word. (As hulle dit wel doen, staan dit bekend as transvestitisme. Daar word nog erg op hierdie verskynsel neergekyk.)
[wysig] Kyk ook na
- Chauvinisme
- Maskulisme
- Manneregte
- Patriargie
- Penis