Politiek
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Politiek is die proses en metode van besluitneming vir groepe mense. Alhoewel dit gewoonlik op regerings toegepas word, word politiek in alle menslike groepinteraksie gevind, insluitend korporatief, akademies en religieus. Politieke wetenskap is die ondersoek van politieke optrede, en bestudeer die verkry en toepassing van mag, wat die afdwing van iemand se wil op 'n ander is.