Stamsel
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Stamsel Navorsing
In 1988 in Frankryk is die eerste stamsel oorplanting op ‘n 6-jarige seuntjie met bloedarmoede gedoen, hy het die oorplanting vanaf sy sussie se naelstring gekry. Vandag is hy gesond en het geen nagevolge van die siekte nie.
Stamsel oorplantings is nou al meer algemeen en in 2005 alleen is daar 5000 oorplantings gedoen.
As ‘n baba gebore word, word daar vanuit die naelstring vanaf 50 – 200ml stamselle onttrek wat dan gestoor moet word. Dis ‘n baie steriele proses en moet baie vinnig na geboorte gedoen word, voor die bloed stol. Die stamselle word dan getel en getoets, die bloed word geskei en die die stamselle daaruit onttrek en gestoor. Die selle word teen -196ºC in ‘n Bio-Vault Laboratorium gevries.
Dié stamselle kan tot 25 jaar lank bewaar word en kan deur 'n stamseloorplanting in die genesing van bloedverwante siektes soos leukemia, bloedarmoede en limfoon gebruik word. Al die ander selle in die liggaam, soos bloed, spier, been, vel en senuwee word uit die stamsel vervaardig.
Ouers wat hul kinders se stamselle wil bewaar moet dit voor die geboorte al reel. Die stamselle kan ook deur broers, susters, ouers en grootouers gebruik word. Broers en susters het ‘n een-uit-vier-kans dat die selle gaan pas. Ouers het ‘n een-uit-agt-kans en oumas en oupas ‘n een-uit-twaalf-kans. Die oorplantingsproses is amper dieselfde as ‘n beenmurg-oorplanting.
Sommige mense glo dat vir etiese redes stamsel-navoring nie altyd ‘n goeie ding is nie. Mense mag dalk nog kinders kry net om hul stamselle te gebruik om hulself of ander kinders te genees. George W. Bush het selfs sy veto stem gebruik om verdere ontwikkeling daarvan te probeer keer, maar die meerderheid mense is pro-stamsel oorplantings.
Daar word wereldwyd navorsing oor stamselle gedoen wat ‘n groot invloed kan he op die mediese wereld. Op die oomblik lyk dit of stamselle in die toekoms selfs siektes soos Parkinsons, Alzheimers, diabetes en rugmurg beserings sal kan behandel.