Bespreking:Sterrebeeld
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Waarvoor is die Engels en Frans in hakkies? 'n Sterrebeeld is tog nie iets wat inherent Engels of Frans is, of wat oorspronklik daarin beskryf is nie. --Alias 19:54, 20 Julie 2005 (UTC)
- Ons gee by belangrike artikels ook sleutelwoorde in wêreldtale wat nuttig kan wees vir 'n soektog op die internet. Nou, ek weet, ons kinders hou meer van die woord "rekenaarspelletjies" in 1569 tale... ;) -Voyageur
[wysig] Suidelike halfrond
Voyageur, toe ek by die planetarium in Kaapstad was het ek iets gehoor oor die name van die beelde in die suidelike halfrond: iets te doen met die feit dat meeste van hulle nie mitologiese figure is nie, maar eerder wetenskaplike meetinstrumente. Dit het iets te doen met die wetenskaplike wat die beelde die eerste keer gedokumenteer het wat hy hier in Suid-Afrika gesien het. Ken jy hierdie geskiedenis? Ek dink dit sal oulik wees as ons dit kan bywerk - ek het net nie nou die feite bereikbaar nie. --Alias 20:08, 25 Julie 2005 (UTC)
- Ja, die probleem is die sigbaarheid: Die Babiloniërs en Grieke het net die sterrebeelde van die noordelike halfrond gesien. Die meeste suidelike sterrebeelde is eers vanaf die 15de eeu deur Europese seevaarders en navorsers afgebaken en kry meestal "verligte" name. Ek sal die artikel geleidelik uitbrei en die geskiedenis van die name bywerk. - Voyageur
- Knap gedaan, Voyageur. Jou byvoegings is presies waarna ek verwys het. Baie dankie. Klein vraag: "... 18de eeu gewoonlik name kry...". ??? --Alias 22:39, 30 Julie 2005 (UTC)
-
- Ek het daardie sin so pas herbewoord. -Voyageur