Verenigde Oos-Indiese Kompanjie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (destyds Vereenigde Oostindische Compagnie, algemeen afgekort as VOC) was 'n organisasie wat in die 17e en 18e eeu die monopolie vanaf die Nederlandse owerheid verkry het tot handel dryf met en kolonialisering van Asië. Die VOC word ook gesien as die eerste maatskappy wat aandele uitgegee het.
Tot 1595 was handel met Oosterse speserye volledig in die hande van Portugal, wat vanaf 1498 vaarroetes na Asië ontdek het. Kaarte en roetes word streng geheim gehou sodat Portugal in effek 'n monopolie op die handel behou. Eers in 1592, met die terugkeer van Jan Huygen van Linschoten vanuit die Oriënt, het die inwoners van die Nederlandse Republiek voldoende kennis verkry om self 'n ekspedisie uit te rus. Tussen 1598 en 1601 word daar in totaal 15 ekspedisies met 65 skepe aangepak.
Nadat hulle besef dat Portugal en Engeland besig is om hulle te oortref met hierdie handel, besluit die Staten-Generaal, die parlement van die Nederlandse Republiek, in 1602 om al die bestaande ekspedisiemaatskappye te verenig, en reik aandele uit aan al die eienaars van die bestaande maatskappye. Hierdie nuwe maatskappy was die VOC, en het bestaan uit ses kamers: Amsterdam, Middelburg, Enkhuizen, Delft, Hoorn en Rotterdam. Verteenwoordigers van die onderskeie kamers was saam bekend as die Here XVII. Die VOC het vele voorregte vanaf die regering verkry, soos die monopolie op die handel verby die Kaap die Goeie Hoop en die Straat van Magellaan, die reg om gebiede te besit, oorloë te voer en internationale verdrae te sluit. Trouens het die VOC in Asië opgetree asof dit die Nederlandse staat was.
Teen die einde van die agtiende eeu lei korrupsie en wanbestuur tot bankrotskap van die VOC. Die Here XVII is in 1795 afgedank, en die VOC word vyf jaar later, op 1 Januarie 1800, formeel ontbind.
Inhoud |
[wysig] Verowerde gebiede
- St. Helena
- Kaapstad + omgewing
- Mauritius
- Fort in Anglonische baai in Mosambiek
- Verskillende vestinge in die Midde Ooste
- Suratte (wes-kus van Indië)
- Malabar (suid-kus van Indië)
- Coromandel (Oost-kust van Indië)
- Bengalen (Bangladesh).
- Verskillende plekke in Myanmar
- Verskillende plekke in Thailand
- Verskillende plekke in Vietnam
- Verskillende plekke in Sjina
- Nederlands-Oos-Indië
- Deshima in Japan
[wysig] Bronne
[wysig] In Nederlands
- De VOCsite
- VOC kenniscentrum
- Dutch-Asiatic Shipping (1595-1795)
- Uitgevaren voor de Kamers van de VOC
- HistoCasa: De Verenigde Oostindische Compagnie
- Hans Bonke: De zeven reizen van de Jonge Lieve. SUN Uitgewers (ISBN 9061686598)