Willie Esterhuyse
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
[wysig] Biografie
Willem Petrus Esterhuyse is 'n professor in filosofie en sosio-politieke wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is op 19 Augustus 1936 gebore. Hy het vanaf 1958 tot 1964 aan die Universiteit van Stellenbosch studeer waar hy sy doktorsgraad behaal het.
Hy was van 1965 tot 1967 'n senior lektor aan die Universiteitskollege in Durban. Daarna was hy tot 1974 senior lektor en later professor in Filosofie aan die Randse Afrikaanse Universiteit. In 1974 het hy as professor in Filosofie by die Universiteit van Stellenbosch aangesluit. Hy is huiglik deeltyds verbonde aan die Nagraadse Bestuurskool van dié Universiteit waar in hy sake-etiek doseer.
Hy is in 1984 deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns met die Stalsprys vir Filosofie bekroon en het verskeie ander toekennings verwerf. Die Universiteit van Stellenbosch het in 2003 'n eredoktorsgraad aan hom toegeken. Esterhuyse was ook 'n jarelange rubriekskrywer vir die finansiële tydskrif, F & T Weekly, Die Burger, Beeld and Die Volksblad oor etiese en sosio-politieke aangeleenthede. Hy het menige artikels geskry oor Suid-Afrikaanse politiek en 'n was uitgesproke teenstander van Apartheid. In 1987 was hy deel van 'n groep Afrikaners onder leiding van Frederick Van Zyl Slabbert wat in Dakar, Senegal met uitgewekenes van die African National Congress onderhandel het.
Hy is getroud met Annemarie Esterhuyse, née Barnard, 'n lektrise in wiskunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Hulle het twee dogters en vier seuns.
[wysig] Bibliografie
- F.W. Nietzsche: Filosoof met 'n Hamer (1975)
- Afskeid van Apartheid (1979)
- N.P. van Wyk Louw se Geding met God (1979)
- Die Mens en sy Seksuele Moraal (1980)
- Apartheid must Die (1981)
- Die Pad van Hervorming (1982)
- Karl Marx: Filosoof van die Revolusie (1984)
- Pleitbesorger vir Hoop (oor Dr Anton Rupert) (1986)
- Moderne Politieke Ideologieë (medeskrywer)(1987)
- Genade Sonder Weerga (1988)
- Broers Buite Hoorafstand (1989)
- The Myth Makers (1990) (in medewerking met Pierre du Toit)
- The ANC (Mederedakteur) (1991)
- Sake-etiek in die Praktyk (1991)
- Intellektueel in konteks : opstelle vir Hennie Rossouw (medeskrywer)
- Thabo Mbeki: Africa - The Time has Come (mederedakteur) (1998)
- Thabo Mbeki: Africa: Define Yourself (mederedakteur) (2002)
- Anton Rupert:'n Lewensverhaal (in medewerking met Ebbe Dommisse)(2005)
[wysig] Bronne
- Stellenbosch Skrywers: Willie Esterhuyse
- Van Niekerk, A (samesteller). 1996. Filosoof op die Markplein: Opstelle vir en deur Willie Esterhuyse. Kaapstad: Tafelberg.