Aaron Burr
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Aaron Burr, Jr. (6 Februarie 1756 – 14 September 1836) was ‘n Amerikaanse politikus en avonturier. Hy was ‘n belangrike stigterslid van die Demokraties-Republikeinse Party in New York en sterk ondersteuner van Goewerneur George Clinton. Hy word nie juis onthou vir sy dienstydperk as derde VSA Vise-President onder Thomas Jefferson nie maar vir sy tweegeveg met Alexander Hamilton en sy verhoor en vryspreking op aanklagte van hoogveraad.