African Window
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die African Window is die nasionale kultuur-historiese museum van Suid-Afrika. Dit is in Pretoria, Gauteng geleë. Die huidige museum word gehuisves in die ou Muntgebou in Visagie Street en is op 1 Maart 1997 geopen.
Op 1 April 1999 het die museum met die Transvaalmuseum vir Natuurgeskiedenis en die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum vir Militêre Geskiedenis (in Johannesburg) saamgesmelt om die Northern Flagship Institution te vorm.
Die museum se versamelings sluit in argeologiese materiaal, historiese dokumente, museumargiewe, en kontemporêre en historiese oudiovisuele materiaal.