New Immissions/Updates:
boundless - educate - edutalab - empatico - es-ebooks - es16 - fr16 - fsfiles - hesperian - solidaria - wikipediaforschools
- wikipediaforschoolses - wikipediaforschoolsfr - wikipediaforschoolspt - worldmap -

See also: Liber Liber - Libro Parlato - Liber Musica  - Manuzio -  Liber Liber ISO Files - Alphabetical Order - Multivolume ZIP Complete Archive - PDF Files - OGG Music Files -

PROJECT GUTENBERG HTML: Volume I - Volume II - Volume III - Volume IV - Volume V - Volume VI - Volume VII - Volume VIII - Volume IX

Ascolta ""Volevo solo fare un audiolibro"" su Spreaker.
CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Johannesburg - Wikipedia

Johannesburg

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Johannesburg

Land: Suid-Afrika
Provinsie: Gauteng
Koördinate: 26°12' S, 28°4' O
Oppervlakte: 1 644 vk km
Bevolking: 5 226 000 (2005)
Bevolkingsdigtheid: 3 178,8 / km²
Hoogte: 1 753 m bo seespieël
Burgemeester: Amos Masondo
Skakelkode: 011

Johannesburg is die vernaamste besigheid- en bevolkingsentrum van Suid-Afrika met 'n oppervlakte van 1 645 vierkante kilometer en 5 226 000 inwoners (munisipaliteit, 2005). Dit is die hoofstad van die provinsie Gauteng en setel van die Grondwetlike Hof van Suid-Afrika. Johannesburg is ook die sentrum van 'n verstedelikte gebied met meer as 8 miljoen inwoners wat van Pretoria in die noorde tot by Vereeniging in die suide strek. Die stad is die derde grootste in Afrika na Kaïro en Lagos, en die enigste in Afrika wat as 'n wêreldstad beskou word.

Johannesburg is 'n smeltkroes van tale en kulture, met 'n groot kloof tussen arm en ryk. Die stad ly onder 'n vlaag van geweld en misdaad - dit staan bekend as die gevaarlikste metropool ter wêreld.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die geskiedenis van die Johannesburgsegebied is duisende eeue oud. Omtrent 3,3 miljoen jaar gelede word die streek, deesdae bekend as die Wieg van die Mensdom, bewoon deur Australopithecus africanus, wat bevestig sou word deur 'n ontdekking by die Sterkfonteingrotte noordwes van Johannesburg in 1998.

In die vroeë 19de eeu word die omgewing ingeneem deur die gevreesde Ndebele koning, Mzilikazi[1]. Hy oorrompel die vreedsame Tswana nedersettings, geleë tussen hedendaagse Northcliff en Klipriviersberg in die jaar 1823 en vestig sy impis naby Heidelberg, omtrent 80km suid van Johannesburg[2].

Later, omtrent 10 000 na 25 000 jaar gelede, word suiderlike Afrika deur die nomadiese San bewoon, waar hul gebly het tot die 11de eeu na Christus toe hulle deur migrerende Bantoevolke verdryf word.

In die jare 1840 word De Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), deur die Voortrekkers gestig met 'n hoofstad, Pretoria, omtrent 50km noord van die gebied wat Johannesburg sou word. Die ZAR se eerste goudloop begin in Barberton omtrent 200km noordoos van Johannesburg omstreeks 1880.

Die Diamant-gebou van Diagonaalstraat 11 is deur die Duits-gebore Amerikaanse argitek Helmut Jahn ontwerp en in 1983 voltooi
Die Diamant-gebou van Diagonaalstraat 11 is deur die Duits-gebore Amerikaanse argitek Helmut Jahn ontwerp en in 1983 voltooi
'n Wolkekrabber in die sakesentrum
'n Wolkekrabber in die sakesentrum

Goud is moontlik ook in die veertig jaar voor Johannesburg se stigting in die omgewing gevind. Carel Kruger, wat in 1834 in die gebied op jag uitgegaan het; John Henry Davis, 'n Engelse geoloog wat in 1852 in die omgewing van Krugersdorp as prospekteerder besig was; en Pieter Jacob Marais, wat in 1853 klein hoeveelhede goud in die Jukskeirivier digby Sandton se huidige noordelike grens ontdek het, word in dié verband genoem.

Johannesburg, soos wat hy vandag bekendstaan, word gestig na die ontdekking van goud in 1886 deur 'n Australiese prospekteerder, George Harrison, op Gerhardus C. Oosthuizen se plaas Langlaagte. Delwerye brei vinnig uit na die plase Braamfontein, Doornfontein, Randjieslaagte en Turffontein.

Drie jaar later leef 40 000 mense in die stad, en in 1904 meer as 80 000. Dit groei binne vyf dekades tot 'n stad met meer as 1 miljoen inwoners. Alhoewel die stad se eie myne lankal laat vaar is, omdat die gouderts opgeraak het en nuwe afsettings elders gevind is, staan Johannesburg steeds in Zoeloe bekend as iGoli (plek van goud).

Ná die einde van die rasseskeiding in 1990 het baie Swartes hulle in die woonbuurte van die middestad gevestig, terwyl die sakewêreld naas winkels en kantore ook die Johannesburgse Effektebeurs na die noordelike voorstad Sandton verskuif het, wat in 1969 gestig is.

Die misdaadsyfers in woonbuurte soos Hillbrow is nog steeds sorgwekkend. Plaaslike owerhede en privaatondernemings stel belang in die hernuwing van die middestad.

[wysig] Geografie en klimaat

Johannesburg lê in die oostelike deel van die Hoëveldplato, die sentrale plato van Suid-Afrika. Johannesburg strek van Orange Farm in die suide tot by Midrand in die noorde en grens aan twee ander metropolitaanse gebiede - Pretoria (Tshwane) in die noorde en Ekurhuleni in die ooste.

Johannesburg is op 'n gemiddelde hoogte van 1 753 meter bo seevlak geleë. Dit is naas Meksiko-Stad en Phoenix in Arizona (Verenigde State) een van die min groot stede wat nóg aan die see nóg teen 'n rivier of ander water lê.

Johannesburg het 'n gematigde klimaat met 'n gemiddelde maksimale temperatuur van 26 °C in Januarie en 16 °C in Junie. Wintertemperature kan tot vriespunt daal, alhoewel daar byna geen sneeuval is nie - die stad lê in 'n somerreënstreek. Sneeuvlokkies het wél in die winters van 1981 en 2006 geval. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 713 millimeter.

[wysig] Demografie

73% van die stad se bevolking is Swartes, 16% is Blankes, 6% Kleurlinge en 4% Asiërs. 42% van die inwoners is jonger as 24 jaar, en 6% is ouer as 60 jaar. 37% van die Johannesburgers is werkloos (97% van die werkloses is Swart). Vroue maak 43% van die werkende bevolking uit.

34% van Johannesburg se inwoners praat Nguni-tale as hulle huistaal, 26% Sotho-tale, 19% Engels en 8% Afrikaans. 29% van die volwassenes het matriek, 14% 'n tersiêre opleiding (universiteit of technikon), 15% het 'n basiese skoolopleiding en 7% van die bevolking is ongeletterd.

Voorstede van Johannesburg

[wysig] Voorstede

Sedert 1994, het munisipale Johannesburg uitgebrei om elf gebiede intesluit wat voorheen onafhanklike plaaslike-owerhede gehad het, naamlik:

  • Diepsloot, Kya Sands
  • Ivory Park, Midrand
  • Bryanston, Randburg, Sandton
  • Northcliff, Parktown, Rosebank
  • Constantia Kloof, Northgate, Roodepoort
  • Dobsonville, Doornkop, Protea Glen, Soweto
  • Alexandra, Bruma, Wynberg
  • Johannesburg (Sentralesakegebied)
  • Aeroton, City Deep, Johannesburg South, Southgate
  • Diepkloof, Meadowlands
  • Ennerdale, Lenasia, Orange Farm

[wysig] Ekonomie

Johannesburg is die ekonomiese en finansiële sentrum van Suid-Afrika, die stad genereer 16% van die bruto nasionale produk en dra sowat 40% van Gauteng se ekonomie by. Die Johannesburgse Effektebeurs is met 'n kapitalisering van sowat 155 miljard Amerikaanse dollar (2005) die grootste in Afrika. Van die Johannesburgse beroepsbevolking is sowat 5 persent in die mynbou, 16 persent in die nywerheid, 33 persent in dienste en administrasie, 21 persent in die handel, 13 persent in die finansiële sektor en 6 persent in die vervoerbedryf werksaam.

[wysig] Vervoer

Johannesburg se internasionale lughawe is die grootste op die vasteland van Afrika, en die jaarlikse aantal passasiers het in 2006 tot 16 miljoen gestyg.

[wysig] Toerisme

Die stad het min besienswaardighede en staan nie as 'n gewilde reisbestemming bekend nie. Danksy die internasionale lughawe is dit egter die aankoms- en vertrekpunt vir 'n groot aantal toeriste uit die buiteland. Besoekers uit ander Afrika-lande bestee jaarliks sowat 1,5 miljard Amerikaanse dollar in Johannesburg se winkelsentrums.

[wysig] Universiteite

Sentralesakegebied
Sentralesakegebied

Johannesburg se moderne hoëronderwys-stelsel spog met vier instansies: die Universiteit van die Witwatersrand, die Universiteit van Johannesburg, Monash Universiteit ('n satellietkampus van die bekende tersiêre instelling in Melbourne, Australië) en Midrand Universiteit.

[wysig] Bekende landmerke

Die Hillbrow-toring is een van die hoogste geboue in Afrika. Die ander hoë toring in die stad is die 240 meter hoë Sentech-toring. Die Nelson Mandelabrug wat Braamfontein en Newtown verbind, is in 2003 voltooi.

[wysig] Verwysings

  • Conroy GC, Weber GW, Seidler H, Tobias PV, Kane A, Brunsden B. (1998). Endocranial capacity in a new early hominid cranium from Sterkfontein, South Africa. Science, June 12.
  • Meiring, H. (1986). Early Johannesburg. Its buildings and its people. ISBN 0798114568
  • Rosenthal, E. (1970). Gold! Gold! Gold! The Johannesburg Gold Rush. ISBN 0949937649

[wysig] Eksterne skakels

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu