Afrika Christen Demokratiese Party
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Afrika Christen Demokratiese Party | |
---|---|
ACDP | |
Leier | Rev. Dr. Kenneth Meshoe |
Gestig | Desember 1993 |
Hoofkwartiere | Eerste vloer, Stats Gebou 2 Fore Straat Alberton |
Politieke Ideologie | Christen Demokraties |
Internasionale Affiliasie | |
Webwerf | http://www.acdp.org.za/ |
Die Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP) is 'n politieke party in Suid-Afrika en vorm deel van die Internasionale Christen Demokratiese Politieke familie. Die party is gestig in 1993 en verklaar dat hulle die "Bybel Gelowige Christene" en "diegene wat hoë ag slaan aan morele waardes" verteenwoordig.
Die 2000-handves opponeer die promovering van kondome en veilige seks as 'n medium om MIV te beveg. Die ACDP is van opinie dat die kondoombeleid vir HIV-teenkanting geskrap moet word en dat daar meer fokus op weerhouding en getrouheid in die huwelik geplaas moet word. Daarom eenkomstig is die ACDP se platvorm soortgelyk aan dié van die CU (Nederland) en die CHP (New Zealand).
Die party word gelei deur Dr. Kenneth Rasalabe Joseph Meshoe (LP). Sedert die 2004 Algemene Verkiesing, het die ACDP 7 lede in die Suid-Afrikaanse Parlement.
Inhoud |
[wysig] ACDP-embleem
Die embleem is ontwikkel deur van die ACDP se stigters and is daarop gerig om 'n politieke party te verteenwoordig wat Bybelse beginsels verteenwoordig.
Twee pyle van links en regs, verteenwoordig die trekkrag van Suid-Afrikaners van links en van regs rakende ras, politiek, ideologië, kerk-affiliasie, geloof, taal, stam en kultuur na die kruis van Jesus Christus as middelaar en die strewe na eenheid in God Drie-enig onder al die mense van Suid-Afrika. Die pyle na bo en onder illustreer die rigting op na God en af na ons medemense in Suid-Afrika en ons gemeenskappe. Die rooi kant verteenwoordig die bloed van Jesus Christus wat ACDP, ACDP-lede en die mense van Suid-Afrika omring en beskerm.
[wysig] Die ACDP in die eerste dekade
Die behoefte vir 'n toerekeningsvatbare alternatief vir die verdeelde politiek van die verlede, het Christene van diverse agtergronde genoodsaak om 'n politieke party in Desember 1993 te stig. So het die Afrika Christen Demokratiese Party tot stand gekom, presies 'n honderd dae voor die eerste volledig demokratiese verkiesing in 1994.
Met die konsep van 'n veelparty demokrasie in die lug, het die ACDP nie net ondersteuning vanaf Bybel gelowige Christen nie, maar ook persone wat hoë ag slaan vir morele waardes.
Die ACDP het die Bybelse platform vir die standaard tot rekonsiliasie, geregtigheid, medelye, verdraagsaamheid, vrede en die respek van lewe, die individu, die familie en die gemeenskap aangeneem. Die doel is om politieke debat na hierdie kwelpunte te rig en eensgesindheid onder mense te kweek rakende gemeenskaplike waardes, in stede van die fokus plaas op ideologieë, historiese en rasseverskille.
Gedurende die eerste verkiesing in 1994, het die ACDP menige verras met die oorwinning van 2 setels in die Nasionale Parlement en 3 setels in die Provinsiale Wetgewers.
As die kleinste van 7 partye in die Nasionale Vergadering, was die ACDP die enigste party wat teen die aanneming van die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet gestem het.
'n Jaar later het die ACDP deelgeneem aan die Verkiesing vir Plaaslike Regering in slegs 'n paar munisipaliteite. Die party het 3 setels verower. Die opvolgende 5 jaar het die ACDP gegroei met dat 4 raadslede oorgeloop het na die ACDP vanaf ander politieke partye.
Voor die 1999 Algemene Verkiesing, het baie kritici geglo dat die ACDP een van sy 2 setels sal verloor in die Nasionale Vergadering. In teenstelling met die kritiek het die ACDP sy aantal setels verdriedubbel na 7 setels en het dus die 5de grootste party geword. Die ACDP het ook hul eerste setel op die Nasionale Raad van Provinsies verkry. In die provinsiale wetgewers het die ACDP nog 'n setel verower en het 4 setels in verskillende provinsiale wetgewers verkry.
Die ACDP het hul beste groei tot op hede in die 2000 Plaaslike Verkiesing beleef deur te groei vanaf 7 raadslede tot 70 raadslede nasionaal.
Afgesien van die 7 Parlementêre Setels wat die ACDP verower het tydens die 2004 Algemene Verkiesing het hul ook 8 setels in die Provinsiale Wetgewers ontvang.
ACDP-slagspreuke:
- 1994 Algemene Verkiesing: "Beskerm jou familie"
- 1995 Plaaslike Regerings Verkiesing: "Beskerm jou familie se toekoms"
- 1999 Algemene Verkiesing: "Bring orde tot die nasie"
- 2000 Plaaslie Regerings Verkiesing: "Ware Hoop, Opregte deernis"
- 2004 Algemene Verkiesing: "Ware Hoop"
[wysig] Bron
- History of the ACDP - met toestemming vertaal (sien besprekingsblad)