Afro-Asiatiese tale
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die mees belangrike moderne taal in die Afro-Asiatiese taalfamilie is Arabies, wat gepraat word van die Atlantiese kus van Afrika tot by die grense van Persië en geïsoleerd op vele andere plekke.
Die belangrikste onderdele van dié familie is die Tjad- (waaronder Biu-Mandara), Semitiese (waaronder Arabies, Hebreeus, Tigrigna, Amharies en Maltees), die taal van Ou Egipte, Berber-, Omotiese (waaronder die Etiopiese taal Dizi) en Koesjitiese (waaronder Oromo) ondergroepe.
Die tale in dié familie kom eintlik baie eerder in Afrika voor as in Asië. Trouens, al die ondergroepe het hul konsentrasie in Afrika - selfs die Semitiese, waarvan slegs twee tale (Arabies en Hebreeus) 'n beduidende verspreiding op die Asiatiese vasteland het.