Ahmed Kérékou
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ahmed Kérékou (vroeër: Mathieu Kérékou) is van 1972 tot 1991 en sedert 4 April 1996 die president van Benin (Wes-Afrika).
Hy word op 2 September 1933 in Natitingou gebore. Hy kry sy opleiding by 'n militêre skool en word adjudant van die president Hubert Coutoucou Maga. Hy is die aanvoerder van 'n groep offisiers wat in Oktober 1972 die Presidentsraad onder leiding van Justin Ahomadegbé omverwerp en verklaar homself tot staatspresident. Hy wysig die naam van die staat Dahomé na Volksrepubliek van Benin en volg 'n sosialistiese beleid.
Met die val van die Oos-Europese sosialisme begin sy magsbasis verswak, en na 'n reeks massabetogings stem hy in om vrye verkiesings toe te laat. Hy word in die amp van staatspresident opgevolg deur Nicéphore Soglo, wat 'n oorwinning in die presidentsverkiesing van Maart 1991 behaal.
In April 1996 word Ahmed Kérékou vir 'n tweede ampstermyn as staatspresident gekies.