Amsterdam, Mpumalanga
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Amsterdam is 'n klein skaapboerdery dorpie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Daar is ook groot bloekom-, denne- en wattelpantasies in die omgewing.
Die gebied is in 1864 deur 'n Skot, Alexander McCorkindale, as 'n republiek opgestel en New Scotland genoem. Die hoofstad Roburnia wat in 1881 gestig is is vernoem na die Skotse digter Robert Burns.
Omtrent 50 Skotse setlaars het hulle in die gebied gevestig wat aanleiding gee tot die Skotse plaasname soos Lochiel, Waverley en Bonny Brae. McCorkindale het aan koors omgekom terwyl hy besig was met die beplanning van 'n hawe vir Lourenzo Marques in Mosambiek. Die enigste herinnering aan McCorkindale is die naam van die dorpsplein wat na hom vernoem is. In 1882 is Roburnia deur Paul Kruger hernoem na Amsterdam in Nederland.