Mpumalanga
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Mpumalanga is 'n provinsie in Suid-Afrika. Die hoofstad is Nelspruit. Mpumalanga, wat "die plek waar die son opkom" beteken, was vroeër bekend as Oos-Transvaal. Behalwe dat dié provinsie uit 'n deel van die ou provinsie Transvaal gekerf is, is dit ook saamgestel uit die drie gewese "tuislande": KaNgwane, KwaNdebele en Lebowa.
Inhoud |
[wysig] Enkele belangrike dorpe
- Ermelo
- Heidelberg
- Lydenburg
- Middelburg, Mpumalanga
- Nelspruit
- Piet Retief
- Secunda
- Standerton
- Witbank
[wysig] Demografie
- Bevolking (2001-sensus): 3 122 990.
- Tale: Swazi (30,8%), gevolg deur Zoeloe (26,4%) en Ndebele (12,1%).
[wysig] Geografie
- Oppervlakte: Sowat 78 370 km2.
[wysig] Ligging en topografie
Aan Mpumalanga se oostekant lê Mosambiek en Swaziland, terwyl die provinsie Gauteng aan die westekant lê. Na die suide is die provinsies Vrystaat en KwaZulu-Natal. Die westelike deel van Mpumalanga lê op die Hoëveld, 'n plato wat oor 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse binneland strek. Die Drakensbergreeks verrys in die noordooste van die provinsie. In die ooste daal die land plotseling na die sogenaamde Laeveld met sy subtropiese plantegroei.
[wysig] Ekonomie
Hout, steenkool, vervaardiging, landbou en toerisme is alles deel van Mpumalanga se geskakeerde ekonomie. Die provinsie sorg vir sowat 85% van Suid-Afrika se steenkool, terwyl Witbank die grootste steenkoolprodusent in Afrika is. Die grootste kragsentrales word hier aangetref. Papier en vlekvrye staal word ook vervaardig. Daar is 'n groot papiermeul by Ngodwana, terwyl Middelburg staal en vanadium produseer. Onder die vernaamste landbouprodukte is mielies, suikerriet en sitrusvrugte, en skaap- en suiwelboerdery word ook beoefen. Benewens steenkool word minerale soos mangaan, goud en yster ontgin. Die provinsie is 'n baie gewilde toeristebestemming: die Krugerwildtuin alleen lok 'n menigte besoekers, ook vanuit die buiteland.
[wysig] Bron
Provinsies van Suid-Afrika | |
---|---|
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap |