Badplaas
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Badplaas is 'n klein vakansieoorddorpie wat geleë islangs 'n warmwaterbron aan die voet van die Ndlumudlumu (Swazi: Plek van baie Donder) heuwels in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die bron borrel uit die grond teen 'n tempo van 30 000 liter per uur en het onder vroeëre inwoners bekendgestaan as Emanzana (Helende Waters). Blykbaar is die gebied om die bron in 1876 deur 'n Swazi hoofman aan Jacob de Clercq gegee om 'n hnadelspos daar op te rig.