Bariloche
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Bariloche (amptelik: San Carlos de Bariloche) is 'n gewilde vakansieoord met 105 000 inwoners in die provinsie Río Negro (Argentinië), in die hart van die Nasionale Nahuel Huapi-park en aan die oewer van die Nahuel Huapi-meer. Die stad het 'n sterk Sentraal-Europese voorkoms, aangesien die voorvaders van baie inwoners van Duitsland, Switserland en Noord-Italië afkomstig is. Sowel die stedelike argitektuur met sy Switserse chalets asook die ekonomie, wat sterk op die toerisme, sjokolade- en keramieknywerheid steun, getuig van hierdie invloed. Die sjokoladebedryf is nog steeds in die hande van 'n aantal Italiaanse families; hul ondernemings in die binnestad van Bariloche staan oop vir besoekers.
Inhoud |
[wysig] Besienswaardighede
- Die Patagonia-museum in die Burgersentrum is - naas die sjokoladefabrieke - die belangrikste besienswaardigheid in die stad self. Dit behandel die geologiese geskiedenis van die omgewing en sy fauna. Daarbenewens word ook Indiaanse kuns en artefakte vertoon.
- Die natuurskoon van die reusagtige Nahuel Huapi-meer en die gebergtes ringsom is een van die mooiste in Argentinië.
- El Bolsón, sowat 80 myl van Bariloche, is 'n klein dorp in 'n rustige vallei. In die sestigerjare is dit die hoofstad van die Argentynse hippie-beweging, en daar is nog enkeles wat hier steeds 'n alternatiewe lewensstyl soek.
[wysig] Sport en ekskursies
Bootvaarte, allerlei soorte watersport, jag, perdry, gholf, bergklim en skisport in die winter is beskikbaar. Die Catedral Skisentrum sowat 11 myl van Bariloche is een van die grootstes in die Suidelike Halfrond.
[wysig] Kookkuns en hotelle
Die plaaslike kookkuns sluit natuurlik Switserse fondue in; maar ook forelle, wildsvleis en wildevark staan bo-op die spyskaart. Die hotelle is soos die restourante eersterangs; Bariloche is 'n gewilde Argentynse bestemming vir wittebroodsvakansies en skooltoere. Buitelandse toeriste moet besprekings vooraf maak. Die nuwe vyfsterhotel Panamericano Bariloche maak van Bariloche nou ook 'n geskikte plek vir sakevergaderings in Suid-Amerika.
[wysig] Plaaslike produkte
Sjokolade, keramiek, konfyt en truie, wat plaaslik vervaardig word, is van hoë gehalte en gewilde aandenkings.
[wysig] Eksterne Skakel
- Hoteles Bariloche Vertaal vanaf die Engelse Wikipedia. - (es)& Portuguese
- Bariloche Vertaal vanaf die Engelse Wikipedia. - (es) & Portuguese
- Hotéis Bariloche Vertaal vanaf die Engelse Wikipedia. - (es) & Portuguese
- Bariloche Argentina Vertaal vanaf die Engelse Wikipedia.
- Información turística e imágenes de San Carlos de Bariloche