Beowulf
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Beowulf (700 – 1000 na geboorte) is 'n gedig met 3182 strofes. Beowulf is die held van die gedig afkomstig van 'n germaanse volk in die suide van Swede genaamd die Geats. In die gedig reis Beowulf na Denemarke en help hul koning, Hroogar van die Scydings, om die boosagtige monster, Grendel, te verslaan.
Inhoud |
[wysig] Agtergrond
Die gedig speel af in die 5de eeu nadat die Angelsaksers begin het om na Engeland toe te emmigreer en bevat heetwat Skandinawiese mitologie. Daar word vandag wel geglo dat daar wel 'n konning Hroogar was wat oor 'n klein koninkryk in Denemarke geheers het. In 1936 het J.R.R. Tolkien 'n essay geskryf genaamd Beowulf : the monsters and critics waar die gedig vir die eerste keer ernstig bestudeer was en sommige kenners glo dat beowulf 'n indruk op Tolkien gemaak het. Beowulf is deur die volks mond oorgedra en die digter is onbekend die gedig was wel neer geskryf deur monnikke in ongeveer 1000 na geboorte waar die gedig ook dalk sy christelike bykomstighede gekry het.
[wysig] Beowulf as held
Beowulf beteken in letterlik bye jagter (Bee-wolf) in ou engels en kon mootlik ook beer beteken in gevolge 'n beer se voorliefde vir heuning. Daar word ook geglo dat Boewulf korroleer met Bodvar Bjarki die Skandinawiese oorlogsbeer. Beide was afkomstigs van geatland en het na Denemarke gereis en albei het fabelagtige monsters verslaan.
[wysig] Beowulf en Grendel
Die gedig begin met konning Hroogar wat 'n groot wooning (Heorot) vir sy vrou Wealhpeow en soldate gebou het waar hulle ook feeste gevuur het. Die kwaadagtige monster Grendel het elke aand wanner Hroogar en sy soldate geslaap het een van hulle opgevreet. Hroogar en sy mense was hulpverlore en moes Heorot verlaat. Beowulf hoor van die lot van Hroogar en vra sy koning vir toestemming om die Scyldins te hulp. Beowulf en sy soldate spandeer een nag in Heorot en nadat hulle aan die slaap raak, bespring Grendel op hulle en vermoor een van Beowulf se soldate, Hy durf wel nie om aan die troon van Hrothgar te raak nie want dis geglo dat die troon deur Almagtige God beskerm was. Die heletyd het Beowulf gemaak asof hy slaap en op die regte oomblik bespring hy vir Grendel. Die geveg het amper die hele woning vernietig maar op die einde ruk Beowulf Grendel se arm af waarna Grendel huis toe gekeer het om te sterf. Die volgende aand hou Hroogar 'n fees maar Grendel se moeder val hulle onverwags aan uit wraak vir haar seun se dood. Waar sy en Beowulf 'n land geveg gehad het en beowulf het haar ook verslaan.
[wysig] Beowulf en die draak
Na sy geveg met Grendel keer Beowulf terug na Geatland waar hy koning geword het. Eendag steel 'n slaaf 'n goue beker uit 'n draak se grot in earnaness. Wanneer die draak agter gekom het wat gebeur het neem hy sy wraak om alles in sig te verbrand. Beowulf en een van sy kengte Wiglaf veg teen die draak en veslaan hom, Beowulf was ernistig gewond en sterf. Hy word toe met al die draak se skatte begrawe want dit was geglo dat daar 'n onheilige vloek oor die skatte was.