Brenda Fassie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Brenda Fassie (*3 November 1964 – †9 Mei 2004) was 'n Suid-Afrikaanse popsanger wat deur menigte gereken is as die stem van die uitgeslote swartmense gedurende Apartheid. Brenda is gebore in Langa, Kaapstad as die jongste van 9 kinders. Sy is vernoem na Brenda Lee, 'n Amerikaanse countrysanger. Haar vader is oorlede toe sy 2 jaar oud was, en met die hulp van haar moeder, 'n pianis, het sy geld begin verdien deur vir toeriste te sing.
In 1981, op die ouderdom van 16, het sy Kaapstad verlaat en na Soweto, Johannesburg gegaan om roem te vind as 'n sangeres. Brenda het eers by die groep Joy aangesluit, en het later die hoofsanger geword vir die township-popgroep Brenda and the Big Dudes. Sy het 'n seun, Bongani, in 1985 by 'n mede-musikant van die Big Dudes gehad. Brenda het later in 1989 met 'n ex-convict Nhlanhla Mbambo getrou, maar is in 1991 weer geskei. Dit is rondom hierdie tyd dat sy verslaaf geraak het aan kokaïene en haar loopbaan het daaronder gely.
Met baie uitgesproke sieninge en gereelde besoeke aan die armer townships van Johannesburg, sowel as liedjies oor lewe in die townships, het sy geweldige gewildheid geniet. Sy is die beste bekend vir haar liedjies "Weekend Special" en "Too late for Mama", en is deur Time Magazine in 2001 die "Madonna van die Townships" genoem.
In 'n dwelmverwante voorval in 1995 is sy bewusteloos ontdek saam met die liggaam van haar minnaar, Poppie Sihlahla, wat gesterf het aan 'n skynbare oordosis. Fassie het oorleef, en is vir rehabilitasie, en het haar loopbaan weer op dreef gekry. Alhoewel sy nogsteeds dwelmprobleme gehad het en ongeveer 30 keer in haar lewe teruggekeer het na rehabilitasieklinieke.
Sedert 1996 het sy verskeie solo-albums vrygestel, soos "Now Is The Time", "Memeza" (1997, die topverkoperalbum in Suid-Afrika) en "Nomakanjani?". Die meeste van haar albums het multi-platinum verkopers geword in Suid-Afrika.
Op die oggend van 26 April 2004 het Brenda ineengestort in haar huis in Buccleuch en is opgeneem in die Sunninghill-hospitaal in Johannesburg. Die pers is vertel dat sy 'n hartaanval gehad het, maar het later berig dat sy in 'n koma ingegaan het as gevolg van 'n asma-aanval. Die na-doodse ondersoek het onthul dat sy 'n oordosis kokaïene geneem het die aand van haar ineenstorting, en dit was die oorsaak van die koma. Sy het ophou asemhaal en het breinskade opgedoen as gevolg van 'n tekort aan suurstof. Brenda is oorlede op 9 Mei 2004 op die ouderdom van 39 in die hospitaal sonder dat sy weer teruggekeer het na haar bewussyn nadat die life support masjiene afgeskakel is. Volgens die Suid-Afrikaanse Sunday Times en die bestuurders van haar musiekmaatskappy het die na-doodse ondersoek ook getoon dat sy MIV-positief was. Haar bestuurder, Peter Snyman, het hierdie aspek van die verslag ontken.
Sy beklee die 17de plek op die lys van die Top 100 Suid-Afrikaners.