C.M. van den Heever
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Christiaan Maurits van den Heever is op 27 Februarie 1902 in die konsentrasiekamp naby Norvalspont gebore. Hy gaan in die distrik Trompsburg skool, asook in Bloemfontein aan die Brebner- en die Grey-kollege. Hy studeer aan die Bloemfonteinse universiteit en wel onder proff. Francken en D.F. Malherbe. In 1928 vertrek hy na Nederland waar hy sy studies aan die Universiteit van Utrecht voortsit. Met sy terugkeer na Suid-Afrika aanvaar hy 'n pos as lektor aan die Bloemfonteinse Universiteit. In 1932 ontvang hy sy doktorsgraad op grond van 'n proefskrif oor Die digter Totius, waarna hy in 1933 as hoogleraar in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand aangestel word. Hy sterf op 8 Julie 1957.
C.M. van den Heever publiseer 'n omvangryke oeuvre, waaronder romans, gedigte, essays, asook 'n uitmuntende biografie oor generaal J.B.M. Hertzog. Sy bekendste romans is Somer en Laat vrugte; vir laasgenoemde ontvang hy die Hertzogprys vir prosa in 1942.
[wysig] Bibliografie
- Stemmingsure. Poësie - 1926
- Op die plaas. Novelle - 1927
- Die nuwe boord. Poësie - 1928
- Langs die grootpad. Roman - 1928
- Droogte. Roman - 1930
- Die digter Totius. Proefskrif - 1932
- Simson. Kortverhale - 1932
- Groei. Roman - 1933
- Vuurvlieg en sterre - 1934
- Die Afrikaanse gedagte. Opstelle - 1935
- Somer. Novelle - 1935
- Kromburg. Roman - 1937
- Kruispad. Kortverhale - 1938
- Aardse vlam. Poësie - 1938
- Laat vrugte. Roman - 1939
- Die stryd om ewewig. Opstelle - 1941
- Gister. Roman - 1941
- Nooit! Kortverhale - 1942
- Van aangesig tot aangesig. Roman - 1942
- Generaal JBM Hertzog. Biografie - 1943
- Anderkant die berge. Roman - 1944
- Kringloop van die winde. Novelles - 1945
- Versamelde gedigte - 1945
- Woestynsand dek die spore. Aforismes - 1946
- Mens en woord. Opstelle - 1947
- Die held. Roman - 1948
- Marthinus se roem. Novelle - 1949
- Verhalende gedigte - 1950
- Die laaste baken. Kortverhale - 1951
- Jeug. Sketse - 1951
- Vannag kom die ryp. Roman - 1952
- Dirk se oorwinning. Roman - 1952
- Delwer en sif. Opstelle - 1954
- Swaard van die oomblik. Kortverhale - 1954
- Honderd sonnette. Gedigte - 1955
- Beelde in die stroom. Kortverhale - 1956