Celestia
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Celestia is 'n 3D-astronomieprogram vir Windows, Mac OS X en Linux ontwikkel deur Chris Laurel. Die program word gelisensieer onder die GPL en is Vrye Sagteware. Die program maak dit moontlik om voorwerpe van die grootte van die internasionale ruimtestasie (ISS) tot sterrestelsels net soos die melkweg, driedimensioneel te simuleer. Die program gebruik OpenGL as 3D-biblioteek.
[wysig] Funksies
- "Toergids"
- Die tyd kan gestel word beide in die toekoms en in die verlede.
- Konstelasies en wentelbaane van planete, mane, asteroïdes en satelliete kan vertoon word.
- Name van die heelalvoorwerpe word vertoon.
- Name van stede, berge, mere, landingpunte word vertoon.
- Kennisgewings van die radius, afstande, die lengte van die dag en die temperatuur van die planete word vertoon.
- Die skerm kan verdeel word om meerdere voorwerpe gelyktydig waar te neem.