David Kramer
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
David Kramer is 'n bekende Suid-Afrikaanse musikant. Hy is in 1951 gebore uit 'n Engelssprekende gesin, te Worcester, Wes-Kaap provinsie. Hy het sedert 1971 met 'n beurs - verleen deur 'n tekstielmaatskappy op Worcester - by Leeds Universiteit, Engeland, studeer en in 1974 'n BA-graad in tekstielontwerp verwerf.
Sedert die laat sewentigerjare is David Kramer in die musiekbedryf. Hy tref egter die openbare oog eers in die vroeƫ jare tagtig, as blikkitaarspeler en bekfluitjieblaser (harmonika). Sy kenmerkende rooi velskoene het die loslit-aanslag van sy destydse musiek goed gekomplementeer. Die aksent waarmee hy sing word deur sommige as onverfynd gereken.
Die verbod op uitsending van sy eerste album (politieke ondertone) deur die destydse SAUK en gevolglike gebrek aan publisiteit vir sy musiek, is geneutraliseer toe Volkswagen SA hom kontrakteer vir 'n reeks televisie-advertensies om die VW Kombi te bemark.
[wysig] Albums
- Bakgat (1980)
- Die Verhaal van Blokkies Joubert (1981)
- Delicious Monster (1982)
- Hanepootpad (1983)
- Jis Jis Jis (1984)
- Kwaai (1984)
- Van der Merwe P.I. (1985)
- Laat vir die Dans (1986)
- Baboondogs (1986)
- Eina (1989)
- Fairyland (1991)
- Klassic Kramer (1996)
- Alles van die Beste (1996)
- Kat and the Kings (1998)
- Kliphard (1999)
- In the Days of District Six (2000)
- Karoo Kitaar Blues (2002)
- Huistoe (2004)
[wysig] Eksterne skakel
http://www.davidkramer.co.za - webtuiste