Wes-Kaap
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
![]() |
|
Oppervlakte | 129 370 km² (10,6% van S.A. oppervlakte) |
Bevolking (2001) | 4 524 335 (10,1% van S.A. bevolking) |
BBP | 14,6% van S.A. BBP |
Tale | Afrikaans (59%), Engels (20%), Xhosa (19%) |
Etniese groepe | Kleurlinge 53,9%, Swartes 26,7%, Blankes 18,4%, Asiate 1,0% |
Hoofstad | Kaapstad |
Ander belangrike stede en dorpe | Genadendal, Hermanus, George, Stellenbosch, Paarl, Wellington, Worcester, Robertson, Knysna, Swellendam, Oudtshoorn |
Eerste minister | Ebrahim Rasool (ANC) |
Die Wes-Kaap is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Kaapstad. Dit het in 1994 'n afsonderlike provinsie geword toe die ou Kaapprovinsie in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap opgedeel is.
Kaapstad is ook Suid-Afrika se Moederstad en wetgewende hoofstad en huisves die imposante Parlementsgebou. Die Kaapstadse hawe is die naasbesigste hawe in die land (ná Durban).
Ander belangrike plekke is onder meer Stellenbosch, die Paarl, Beaufort-Wes, George, Oudtshoorn, Saldanhabaai, en Worcester.
Inhoud |
[wysig] Demografie
Bevolking (2001-sensus): 4 524 335. Tale: Afrikaans (55,3%), gevolg deur Xhosa (23,7%) en Engels (19,3%).
[wysig] Geografie
Die provinsie met 'n oppervlakte van 129 390 vierkante kilometer lê in die suidweste van die land, met die Atlantiese Oseaan aan sy westekant en die Indiese Oseaan in die suide. Die Noord- en Oos-Kaap lê onderskeidelik noord en oos. Die gebied om Kaapstad is 'n winterreëngebied, terwyl die suidelike deel langs die Indiese Oseaan die hele jaar deur reën ry. 'n Deel van die barre Groot Karoo lê in die Wes-Kaapse binneland. 'n Ketting van bergreekse, waaronder die Sederberg, Hexrivierberge, die Outeniekwas en die Tsitsikamma skei die kusgebiede en die binneland.
[wysig] Wet en regering
Die hoofstad van die Wes-Kaap is Kaapstad. Die Eerste minister is Ebrahim Rasool en die Direkteur-Generaal Gilbert Lawrence. Die Grondwet van die Wes-Kaap is in 1998 aanvaar en in al drie amptelike tale van die provinsie (Afrikaans, Engels en Xhosa) beskikbaar.
Die parlement van die Wes-Kaap het sy setel in Kaapstad en voer die wetgewing volgens die provinsiale belange, wat in die Gronwet van Suid-Afrika bepaal is, deur, onder meer op die gebied van landbou, onderwys, omgewingsake, gesondheidssorg, behuising, taalbeleid, toerisme, handel en welvaart. Die setelindeling in die Wes-Kaapse parlement is: African National Congress 19, Demokratiese Alliansie 12, Nuwe Nasionale Party 5, Onafhanklike Demokrate 3, ACDP 2 en UDM 1.
Die Wes-Kaapse regering se begroting beloop in 2004 R16,4 miljard.
[wysig] Ekonomie
Die Wes-Kaap is 'n belangrike sentrum vir handel, nywerhede en die landbou en 'n vername wynproduserende streek. Bewewens druiwe, word ander vrugte asook groente gekweek. Noord en oos van Kaapstad is koring 'n belangrike gesaaide. Vissery is die belangrikste bedryf langs die weskus, en in die Karoo word met skape geboer. Toerisme is ekonomies van die uiterste belang in die Wes-Kaap. Oudtshoorn is volstruiswêreld en huisves die skouspelagtige Kangogrotte.
[wysig] Bronne
![]() |
Provinsie Wes-Kaap |
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Tuinroete | Klein Karoo | Overberg | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Breederivier | Breederivier/Wynlande | Breedevallei | Kaap Agulhas | Sederberg | Sentraal-Karoo | Kaapstad | Drakenstein | George | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Plettenbergbaai | Prins Albert | Saldanhabaai | Suid-Kaap | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg | |
Provinsies van Suid-Afrika | ![]() |
---|---|
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap |