Davidson Don Tengo Jabavu
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Davidson Don Tengo Jabavu (20 Oktober 1885 – 3 Augustus 1959 was 'n swart dosent en politieke leier wat in King William's Town in die destydse Kaapkolonie gebore is. Hy was die oudste seun van John Tengo Jabavu, redakteur van die eerste koerant in 'n swart taal in Suid-Afrika.
Davidson Don Tengo Jabavu het die Lovedale Institute in Kaapstaden Morija and Colwyn Bay in Wallis bygewoon. Nadat hy 'n BA-graad by die London Universiteite verwerf het en 'n onderwys sertifikaat by Birmingham Universiteit in die Brittanje is hy hy in 1916 by die South African Native College by Fort Hare as die eerste swart professor by die South African Native College by Fort Hare aangestel waar hy tale gedoseer het. Hy het vir meer as dertig jaar by die universiteit aangebly en ondere andere 'n swart onderwysers vereniging gestig wat hulle beywer het vir beter landbou metodes, die waarde van hande arbied beklemtoon het en om rasse samewerking gepliet het. Hy was President van die All-Africa Convention (AAC), wat gekant was teen die segregasie wette wat in 1936 deur die Hertzog-regering in Suid-Afrika aanvaar is.
Rhodes Universiteit het in 1954 'n ere-doktorsgraad aan hom toegeken.
[wysig] Publikasies
Sy publikasies sluit in:
- The Black Problem (1920)
- The Segregation Fallacy and Other Papers (1928)
- The life of John Tengo Jabavu, editor of Imvo Zabantsundu (1922)
- IziDungulwana (1958)