Dricky Beukes
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Dricky Beukes (29 Desember, 1918 - 9 November, 1999) was 'n Afrikaanse skryfster van romans, kortverhale en radiovervolgverhale.
Sy is op 29 Desember, 1918 in Prieska gebore as Hendrika Johanna van Staden, die jongste van 13 kinders. Sy het grootgeword op Karos naby Upington in die Noord-Kaap en ook haar skoolopleiding hier ontvang. Sy was getroud met Abraham Opperman Beukes van Prins Albert, die eerste skoolhoof van die Laerskool Vredelust in Bellville, wat self ook drie kinderboeke geskryf het. Hulle het 'n seun en twee dogters gehad.
Beukes was die skryfster van meer as honderd Afrikaanse romans, hope kortverhale en talle Afrikaanse radiovervolgverhale, waarvan talle maande lank voortgegaan het, veral op die destydse kommersiële radiosender Springbok Radio. 'n Frase wat landwyd bekend geword het, was dié inleiding tot die radiovervolgverhaal Die Indringer: 'n verhaal wat elke moederhart sal roer.[1]
Sy is op 9 November, 1999 in Bellville oorlede.
[wysig] Verwysings
- ↑ Die Burger 13/11/1999