vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
F-104 Starfighter |
|
 |
Basiese inligting |
|
 |
Die Lockheed F-104 Starfighter is 'n supersoniese vegvliegtuig. Die Starfighter is in gebruik geneem deur die VSA Lugmag in 1958. As gevolg van hulle ontevredenheid met die vliegtuig se reikafstand, dravermoë en uitrusting is die vliegtuig in 1967 uitgefaseer. 'n Veranderde weergawe van die Starfighter is wel suksesvol verkoop aan die lugmagte van Duitsland, Kanada, Pakistan en Italië waar die vliegtuig in diens was tot 2004. Hierdie veranderde weergawe van die Starfighter was berug vir sy slegte hanteerbaarheid en sy hoë aantal noodlottige ongelukke.