Ferial Haffajee
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ferial Haffajee is die eerste vroulike redakteur van die Mail & Guardian en daarmee ook die eerste van 'n noemenswaardige koerant in Suid-Afrika. Haffajee het as die dogter van klerewerkers in die werkersklas woonbuurt Bosmont in Johannesburg groot geword en het by die Universiteit van die Witwatersrand studeer. [1]
Na voltooiing van haar studies het sy as leerlingjoernalis by die Weekly Mail begin werk. Daarna het sy by die SABC as radioregisseur en televisie verslaggewer gewerk. In die tydperk het sy bekendheid verwerf toe sy gekies is as lid van 'n paneel verslaggewers wat die eerste onderhoud gevoer het met Nelson Mandela kort na sy vrylating. Dit is gevolg deur politieke verslaggewer by die Financial Mail waar sy tot besturende redakteur bevorder voor sy weer by die Mail & Guardian aangesluit het as mederedakteur.[2]
[wysig] Verwysings
- ↑ Worldpress.org Ferial Haffajee: Editor as Newsmaker, Besoek op 17 Februarie 2007
- ↑ Despardes S. African Indian is first woman editor of national daily, Besoek op 17 Februarie 2007