Fokofpolisiekar
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Fokofpolisiekar (ook bekend as "Die Bende" of "Polisiekar") is 'n Afrikaanse punk rock groep van Bellville naby Kaapstad, Suid-Afrika. Die groep het in April 2003 ontstaan, aanvanklik as 'n grap, om die konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap te skok.
In 2003 (sonder dat hulle al ooit getoer het) het hulle, hulle eerste EP uitgegee, getiteld: As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand. Die eerste enkelsnit, Hemel op die Platteland, het geskiedenis gemaak, toe dit die eerste Afrikaanse liedjie geword het om op die radiostasie 5FM se amptelike speellys gelys te word. Dit is opgevolg deur Lugsteuring, hulle eerste vollengte album, in 2004. Teen die tyd het die jong Afrikaanse publiek reeds aanklank gevind by die boodskap wat die groep uitdra en 2005 se Monoloog In Stereo, hul tweede EP, was 'n reuse sukses.
In 2006 reik 'Die Bende' beide "Brand Suid-Afrika", 'n enkel album, en "Swanesang" hul tweede vol lengte album uit. Beide is goed ontvang en kry baie speeltyd op DStv se hoofsaaklik Afrikaanse musiek kanaal MK89.
Inhoud |
[wysig] Groep lede
- François "van Coke" Badenhorst (hoofsanger)
- Hunter Kennedy (sang en ritmekitaar)
- Jaco "Snakehead" Venter (tromme)
- Wynand Myburgh (baskitaar)
- Johnny de Ridder (hoofkitaar)
[wysig] Omstredenheid
Die groep was sedert hul onstaan in omstredenheid gedompel. Baie radio-stasies was aanvanklik skrikkerig om hul musiek te speel vanweë die vloekwoord in die groep se naam, daarom is hulle deur baie net "Polisiekar" gedoop.
Dele van die Christelike gemeenskap was aangeslag oor hulle gebruik antigodsdientige lirieke, soos hierdie, van Hemel op die Platteland - "sal iemand dalk 'n god bel, en vir hom sê ons het hom nie meer nodig nie."
Daar was ook groot oproering gewees toe een van die groep se lede, Wynand Myburgh, tydens 'n argument oor geloof, die woorde "fok god" op die beursie van 'n aanhanger geskryf het. Polisiekar is amper uit die Klein Karoo Nasionale Kunstefees geskop deur die land se kerkleiers wat gedreig het om hul sale te ontrek sou die groep daar optree.
Nadat die Bende om verskoning gevra het is beslis dat hulle mag optree mits die woorde "fok god" in geen van hul liedjies gesing word nie.
[wysig] Albums
- As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand (EP)
- Lugsteuring
- Monoloog in Stereo
- Brand Suid Afrika
- Tiener Aksie Einde
- Brand Suid Afrika
- Klipgooi Glashuis
- Hemel op die platteland (Akoestiese Weergawe)
- Swanesang
- Morning Star, Durbanville
- Heiden Heiland
- Swanesang
- Bel vir Middelvinger
- Vasbeslote Korporasie (deel 1)
- Prioritiseer
- Vir altyd 07 November
- Ek Skyn (Heilig)
- Brand Suid-Afrika
- Backstage (as daar een is)
- Déjà Vu
- Vasbeslote Korporasie (deel 2)