Gallia Narbonensis
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Gallia Narbonensis was 'n Romeinse provinsie in die huidige gebied van Languedoc en Provence (Suid-Frankryk).
Die verowering van Gallia Narbonensis tussen 125 en 121 v.C. staan aan die voorpunt van die latere Romeinse magsuitbreiding in Gallië onder Gaius Julius Caesar (58 tot 50 v.C.) en uiteindelik ook in dele van Germanië (onder Augustus).
Dit word in 121 v.C. onder sy oorspronklike naam Gallia Transalpina by die Romeinse Ryk ingelyf. Die Romeine verwys na die gebied meesal as Provincia Nostra ("Ons Provinsie") of Provincia, 'n naam wat in die huidige Provence voortleef. Die naam Gallia Narbonensis is afgelei van die Romeinse kolonie Narbo Martius (die huidige Narbonne), wat in 118 v.C. aan die Mediterreense kus gestig is.
Aangesien dit onmiddellik aan Italië grens, trek die Romeine groot voordeel uit die beheer oor die gebied. Dit stel hulle in staat om die belangrike handelroetes tussen Italië en die Iberiese skiereiland en tussen Gallië en die handelsentrum Massilia (die huidige Marseille) te kontroleer.
Daarnaas dien die provinsie as 'n soort strategiese stootkussing teen die aanvalle van Galliese stamme en as 'n gewilde gebied vir die vestiging van Romeinse veterane, wat hier plase van die Romeinse staat ontvang het.
Romeinse keiserlike provinsies in die jaar 120 | |
---|---|
Achaea | Aegyptus | Africa | Alpes Cottiae | Alpes Maritimae | Alpes Poenninae | Arabia Petraea | Armenia Inferior | Asia | Assyria | Bithynia | Britannia | Cappadocia | Cilicia | Commagene | Corsica et Sardinia | Creta et Cyrenaica | Cyprus | Dacia | Dalmatia | Epirus | Galatia | Gallia Aquitania | Gallia Belgica | Gallia Lugdunensis | Gallia Narbonensis | Germania Inferior | Germania Superior | Hispania Baetica | Hispania Baleares | Hispania Lusitania | Hispania Tarraconensis | Italia | Iudaea | Lycaonia | Lycia | Macedonia | Mauretania Caesariensis | Mauretania Tingitana | Moesia | Noricum | Numidia | Osroene | Pannonia | Pamphylia | Pisidia | Pontus | Raetia | Sicilia | Sophene | Syria | Thracia | |
bewerk |