Bespreking:Griekeland
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die naam van die aangrensende Masedonië was verander na FYROM (Former Yugoslav Republic of Macedonia), 'n soort "provisionele" benaming wat deur verskillende internasionale organisasies en die Europese Unie gebruik word nadat Griekeland beswaar aangeteken het. Ek het dit nou verander na Republiek van Masedonië.
Dit is waar dat 'n klein minderheid Masedoniese nasionaliste die republiek in sy ou grense, wat ook dele van Griekeland en Bulgarye sou insluit, wil herstel, maar Griekse paranoïa aangaande hierdie saak kan nie die grondslag wees vir benamings van lande op Wikipedia nie. Die VN se veiligheidsraad en sy permanente lidstate het die benaming Republiek van Masedonië aanvaar. --Voyageur 14:13, 24 Maart 2007 (UTC)