My naam is Jannetta. Ek is 'n sagteware ingenieur. My persoonlike tuisblad kan gevind word by http://www.jannetta.com. Ek is baie geintereseerd in my familiegeskiedenis en het 'n webwerf geskep vir die Henning Familiebond in Suid Afrika. Die webwerf kan gevind word by http://www.henning.org.
Ek is gebore in Johannesburg en het grootgeword aan die Oos-Rand, in Brakpan. Ek het 'n BA en nagraadse Onderwysdiploma aan die Universiteit van Potchefstroom verwerf, asook 'n Diploma in Datametrie aan UNISA. Tans studeer ek dan ook verder aan die Open University in Engeland - dis nou as ek tyd en moed het en so elke nou en dan 'n eksamen deurkom.
My werkservaring sluit in, twee jaar in die Weermag, twee jaar as 'n lektriese by 'n tegniese kollege, so 'n kort rukkie as 'n analis by die destydse Suid-Afrikaanse Lugdiens, 'n hele klompie jare by 'n sagteware maatskappy in Bedfordview as programmeerder, een jaar as IT Bestuurder by die Suid-Afrikaanse Termynbeurs.
Ek bly nou reeds sedert 1996 in Engeland, skryf nog steeds programme, ontwerp, ontwikkel en huisves webwerwe en doen ook "offsite" rugsteundienste via die Internet vir kliƫnte.