Judaïsme
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Judaïsme of Jodedom is die godsdiens van die Jode met omtrent 15 miljoen volgelinge wêreldwyd in 2006. Dis een van die eerste monoteïstiese godsdienste wat opgeteken is, en een van die oudste tradisies wat nog gevolg word. Judaïsme verskaf ook die waardes en historiese agtergrond tot ander godsdienste, soos Christendom en Islam.
[wysig] Geskiedenis
- Eksodus
- Koninkryk
- Ballingskap
- Diaspora
[wysig] Dogma
Sentraal in die Joodse religie is die Tora, of "die Wet", wat in die eerste vyf boeke van die Hebreeuse Bybel opgeteken staan. 'n Godsdienstige Jood sal daarna streef om die Tora te gehoorsaam en sodoende God se leiding in sy hele lewe te aanvaar en na te volg. Die lees van die Tora is 'n belangrike deel van die seremonie in die sinagoge.
Die Jode sien uit na die tyd wanneer God Sy Messias (Gesalfde) sal stuur om Sy koninkryk op die aarde te vestig. (Christene glo dat hierdie Messias reeds gekom het in die persoon van Jesus Christus).
[wysig] Groeperinge in Judaïsme
- Ortodoks Judaïsme
- Konserwatief Judaïsme
- Liberaal Judaïsme
- Rekonstruktief Judaïsme