Kaffer
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die woord Kaffer (of Kaffir, Keffir) is gebruik deur Europese setlaars in Suid-Afrika as noemnaam vir die plaaslike swart stamme wat hulle teen die Visrivier teëgekom het. Later is dit deur blanke Suid-Afrikaners as 'n hoogs aanstootlike term gebruik vir enige swart persoon, en is deesdae soortgelyk aan die Noord-Amerikaanse woord nigger. Die oorsprong van die woord is onseker: dit mag van 'n Nederlandse term vir 'kewer' afkomstig wees, en is moontlik saamgesmelt met die Moslemwoord, soos deur Arabiere gebruik vir nie-Moslem swart mense aan die suide van die vasteland. Daar is ook voorgestel dat dit vanaf die Hebreeuse woord vir dorp, "kafar" of "kefar", mag kom.
Omdat beide die Moslem- en blanke Afrikanergebruik van die woord skellend is, word die term Kaffer as 'n rassistiese term gesien.
In Suid-Afrika, alhoewel die term steeds geag word as té aanstootlik vir gebruik deur swart Suid-Afrikaners – soortgelyk aan hoe "nigger" deesdae as 'n algemene, vriendelike term in swart hip-hop-kultuur gebruik word – is "Kaffir" gebruik in 1995 as die titel van 'n treffer deur die Johannesburgse Kwaitokunstenaar, Arthur Mafokate. Die woorde sluit 'n pleidooi aan blanke Suid-Afrikaners in om die woord vir ewig van hul woordeskat uit te laat: "I don't come from the devil, don't call me a kaffir, you won't like it if I call you a baboon."
Die woord is ook gebruik as angel in die titel van "Kaffir Boy", die outobiografie van Mark Mathabane, wat in die swart township Alexandra grootgeword het, na Amerika gereis het met 'n tennisbeurs, en toe 'n suksesvolle skrywer in sy aangenome tuisland geword het.
[wysig] Sien ook
[wysig] Bronnelys
- en:Kaffir (Historical usage in southern Africa) by die Engelse Wikipedia
- en:Kaffir (ethnic slur) by die Engelse Wikipedia