Karibib
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Karibib is 'n dorpie in Namibië, 192 km noordwes van die hoofstad, Windhoek, 32 km oos van Usakos en 66 km suid van Omaruru. Dit het eers as 'n handelspos ontwikkel en van 1902 as 'n Rynse sendingstasie. Die naam kom van Khoenkhoen-oorsprong en verwys na 'n soort plant van die spesie Moraea in die omgewing. Die dorpie is wyd bekend vir die marmer van hoë gehalte wat hier in steengroewe ontgin word en tydens die Duitse bewind na Suid-Amerika en elders uitgevoer is. In die onlangse verlede het Usakos die dorp se status as kommunikasiesentrum oorgeneem, hoewel Karibib 'n lewendige markdorp bly. Danksy die spoorlyn wat deur die middel van die dorpie loop, het dit sy pioniersatmosfeer tot 'n groot mate behou. Die geskatte bevolking in 2006 was 7 266.
[wysig] Bronnelys
- Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.
- Rosenthal, Eric (hoofred.), Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Frederick Warne & Co. Ltd., Londen en New York, 1972.
- Mayhew, Vic (red.), Illustrated Guide to Southern Africa, Reader's Digest, Kaapstad, 1980.