Peter Henry Abrahams
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Peter Henry Abrahams (1919- ) Suid-Afrikaanse skrywer en digter. Abrahams is gebore in Vrededorp, naby Johannesburg. Hy is 'n seun van 'n Ethiopiese vader en 'n kleurlingmoeder, Angelina du Plessis. Hy verlaat Suid-Afrika en gaan na Engeland in 1940, waar hy kontak maak met swart leiers soos Jomo Kenyatta en Kwame N'krumah. Hy is mede-organiseerder van die PAC in Manchester in 1946. The path of thunder is Abrahams se bekendste roman. Dit gaan oor die verbode liefde tussen wit en swart. Dié roman is in dertig tale vertaal.
[wysig] Werke
- A black man speaks of freedom (1940) poësie
- Dark testament (1942) kortverhale
- Song of the city (1945)
- Mine boy (1946) roman
- The path of thunder (1948)
- Wild conquest (1950)
- Return to Goli (1953)
- Tell freedom (1954) outobiografie
- A wreath for Udomo (1956) roman
- A night of their own (1965) roman
- This island now (1966) roman
- A new creation (1982) roman
- A view from Coyaba (1985) roman