Bespreking:Pikkewyn
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
[wysig] Oorsprong van die woord Pikkewyn
Het iemand dalk 'n idee waar die Afrikaanse naam pikkewyn vandaan kom? Dis duidelik verwant aan Nederlands (pinguïns), Duits (Pinguine) en Engels (penguin) en selfs die Skandinawies woorde vir die voël, maar hoe het ons by pikkewyn uitgekom?
Verder kry ek nie 'n vertaling vir die duitse woord Riesenalk (Pinguinus impennis) nie.
Laurens 21:25, 1 Mei 2006 (UTC)
- Laurens, ek weet ook nie self wat die Afrikaanse volksnaam vir die spesie is nie. Die letterlike vertaling beteken egter die "reuse alk" waar "alk" 'n rowwe sinoniem ook vir pikkewyn is? --Nomdeplume 23:48, 1 Mei 2006 (UTC)
[wysig] Gekuifde-pikkewyne / Schopfpinguine / Crested Penguins (Eudyptes)
Ek het voorlopig vir Eudyptes, Gekuifde-pikkewyne gedoop - maar sou graag wou weet of daar 'n gevestigde volksnaam vir die pikkewyne is. As daar nie is nie het ek agterna gewonder of kuifkoppikkewyn nie beter is nie. Ander idees of raad? Laurens 16:18, 2 Mei 2006 (UTC)
- Of dalk kuifpikkewyn - soos in Nederlands - http://home.hetnet.nl/~heijke/soortenpinguins.htm ? Laurens 18:35, 3 Mei 2006 (UTC)
[wysig] Voorbladartikel
Hierdie artikel verskyn môre op die voorblad, maar daar is nog onvertaalde woorde en woorde met vraagtekens. Kan iemand met kennis van Duits dalk help? Miskien sal ek nog vanaand 'n keer kan deurlees. --Alias 11:14, 9 Julie 2006 (UTC)