Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Web Analytics
Cookie Policy Terms and Conditions Pikkewyn - Wikipedia

Pikkewyn

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

?
Pikkewyne
Stormbandpikkewyn, Pygoscelis antarctica
Stormbandpikkewyn, Pygoscelis antarctica
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Phylum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Sphenisciformes
Sharpe, 1891
Familie: Spheniscidae
Bonaparte, 1831
Modern Genera
  • Aptenodytes
  • Eudyptes
  • Eudyptula
  • Megadyptes
  • Pygoscelis
  • Spheniscus
  • Uitgestorwe Genera, sien Klassifikasie

Die pikkewyne (Spheniscidae) is 'n groep seevoëls uit die Suidelike Halfrond wat nie kan vlieg nie. Hulle verteenwoordig die enigste Familie in die Orde Sphenisciformes wat onder die Neognathae tel - 'n superorde van voëls, waar die kake eers redelik "onlangs" in die evolusionêre geskiedenis gevorm het.

Die seeduikers (Gaviiformes) en stormvoëlagtiges (Procellariiformes) vorm waarskynlik hulle stamverwante sustersgroepe.

Pikkewyne is maklik onderskeibaar van alle ander voëls en is uitstekend aangepas tot 'n lewe in die see en deels om in die koudste dele van die wêreld te oorleef.

Inhoud

[wysig] Anatomie en voorkoms

Verskillende pikkewynne wissel aansienlik in grootte en gewig. Die liggaamsbou en veredos is daarenteen baie eenvormig.

[wysig] Grootte en gewig

Die dwergpikkewyn (Eudyptula minor) bereik 'n hoogte van slegs 30 cm en weeg slegs 'n halwe kilogram>. Daarteenoor behoort die keiserpikkewyn (Aptenodytes forsteri), met 'n lengte van tot 1,10 meter en 'n gewig van tot 40 kg, tot die grootste Neukiefervögeln. Die grootteverskil word deur Bergmann se Reël, waarvoor die pikkewyne gereeld as voorbeeld gebruik word, verklaar. Die meeste soorte is slegs effens ligter as die water wat hulle verplaas sodat duik relatief maklik is.

[wysig] Liggaamsbou

Die hardwerkende liggaam van die diere is deur 'n stroombelynde vorm en die vlerke wat na kragtige vinne vervorm is, duidelik aan 'n lewe in die see aangepas.

Onderwaterswemmende Humboldt-pikkewyn
Onderwaterswemmende Humboldt-pikkewyn

Anders as die loopvoëls wat ook nie kan vlieg nie, het pikkewyne 'n strek borsbeen met 'n duidelik gedefinieerde kiel waaraan die kragtige vlugspiere geheg is. Aangesien vlerkopswaai net so veel energie vereis as vlerkafswaai in onderwaterswem, anders as wanneer in die lug gevlieg word, weens die hoër waterweerstand, het die skouerblaaie in vergelyking tot ander voëls 'n vergrote oppervlak, waar die spiere verantwoordelik vir afswaai kan vasheg.

Bo- en onderarmbene is by die elmboog reguit en styf aanmekaar verbind wat aan die vinne groter fermheid verleen. Die bene wat by ander voëls hol is, is by pikkewyne dig en swaar aangesien gewigsvermindering vir vlug nie nodig is nie.

Die bobene is baie kort, die knieskakel rigied en die bene sterk na agter verplaas, wat aanleiding gee tot die ongewoon regop gang op land. Die groot pote wat met swemhuid bedek is, is relatief kort – op land rus die diere gereeld op hulle hakke, waarby hulle redelik stywe stertvere 'n verdere stut bied. Die stert is erg verkort, en die roerfunksie wat dit by ander duikende seevoëls verrig, is grootliks deur die bene oorgeneem.

Die snawel is by meeste soorte nie baie lank nie, maar sterk. 'n Uitsondering is die groot-pikkewyne (Aptenodytes), waarvan die snawel smal en effens afwaartgeskrul is, waarskynlik ter aanpassing aan hulle prooidiere, vinnigswemmende visse.

[wysig] Hitteregulering

Pikkewyne word blootgestel aan uiterste klimaatstoestande en het daarom verskeie anatomiese kenmerke ontwikkel om by hulle omgewing aan te pas.

Vir termiese isolasie dien ten eerste 'n twee tot drie sentimeter dik vetlaag wat bedek is met 'n waterdigte laag kort diggepakte vere oor die hele liggaam. Velgebiede waarin geen vere groei nie, kom anders as by byna alle ander voëls nie voor nie; 'n uitsondering is die gesig van sommige tropiese tipes. Lug wat in die veerlaag bewaar word, beskut die voëls verder baie goed in water teen hitteverlies.

Daarbenewens beskik pikkewyne oor 'n hoogsontwikkelde hitteoordragstelsel in hulle vinne en bene: Die arteriële bloed wat in hierdie ledemate instroom, dra hulle hitte tot 'n groot mate oor aan die koeler venöse bloed wat in die liggaam in terugvloei, sodat hitteverlies geminimeer word. Wetenskaplikes verwys hierna as die "Teenstroombeginsel".

Aan die anderkant – moontlik verrassend – kom sommige soorte pikkewyne in tropiese water voor en beveg hulle eerder oorverhitting: Om dit te verhinder is hulle vinne in vergelyking met hulle liggaam verbreed sodat die oppervlak waaroor warmte afgegee kan word vergroot is. By sommige soorte is die gesig ook nie met vere bedek nie sodat hitte in aktief opgesoekte skaduwee vinniger afgegee kan word.

[wysig] Verekleed

Rotspikkewyne? Felsenpinguine
Rotspikkewyne? Felsenpinguine

Die kleure van die verekleed wat uit talryke klein, ongedifferensieerde, byna haaragtige Vere bestaan is by byna alle soorte swart tot blougrys aan die rugkant en wit aan die buikkant. Mannetjies en weivies lyk baie opmekaar, alhoewel eersgenoemde ietwat groter is. 'n Besonders opvallende oranjegeel hoofversiering is kenmerkend van meeste Gekuifde pikkewyne? (Eudyptes).

By jong pikkewyne is die verekleed meestal eenvormig grys of bruin, by party soorte is die sye en buik wit.

Meeste pikkewyne verveer kort na broeityd en die grootmaak van kuikens om in 'n nuwe verekleed te verskyn. Gedurende die tydperk wat van twee tot ses weke kan duur gebruik die voëls vetreserwes omtrent twee keer so vinnig as gewoonlik. By Witoorpikkewynne (Pygoscelis papua) en Galápagos-Pikkewynne (Spheniscus mendiculus) is die verveertyd nie vasgelê nie en kan dit op enige tydstip tussen broeityd volg. Nie-broeiende voëls verveer byna altyd vroeër as hulle broeiende bondgenote.

[wysig] Gesig en Gehoor

Pikkewyne se is gerig op skerp onderwater sig; hulle horingvlies is baie plat wat beteken dat die voëls op land bysiende is. Veral diepduikende Keiserpikkewynne se Pupille pas baie vinnig by verskillende lig omstandighede aan wat hulle by die oppervlak of honderde meter diep kan aantref. Uit die pigmentsamestelling kan mens bepaal dat pikkewyne beter in die blou as in die rooi deel van die spektrum kan sien en selfs ultraviolet lig kan waarneem. Aangesien rooi lig reeds in die boonste waterlae uitgefilter word word die eienskap as 'n evolusionêre aanpassing verstaan.

Soos by meeste voëls beskik die ore nie oor uitwendig waarneembare strukture nie. Hulle word deur besonder sterk vere waterdig gesluit wanneer pikkewyne duik. By groot-pikkewyne is die rand van die buiteoor verder vergroot sodat dit gesluit kan word om die middel en binne-oor van duikdruk skade te beskerm.

Onderwater maak pikkewyne - anders as op land waar hulle deur trompetroepe en luide schnarren met mekaar kommunikeer – geen opmerklike geluide nie; of hulle hulle gehoor gebruik om prooi op te spoor of Fressfeinden waar te neem is onbekend.

[wysig] Verspreiding

Pikkewyne kom voor in die oopsee van die suidelike halfrond. Hulle word veral in die kuswater van Antarktika, in Nieu-Seeland, suidelike Australië, Suid-Afrika, in die suide van Suid-Amerika die Falklandeilande en langs die weskus op tot by Peru sover noord as die Galápagoseilande by die ewenaar aangetref. As koudliewende voëls word hulle slegs in tropiese gebiede aangetref waar daar koue seestrome is; dit is byvoorbeeld die geval aan die weskus van Suid-Amerika met die Humboldt-Stroom en in Suid-Afrika met die Benguela-Stroom aan die Kaapskiereiland.

Die meeste soorte bly iewers tussen die 45ste en 60ste suidelike breedte graad; die grootste enkele konsentrasie is in Antarktika en nabygelë eilande.

[wysig] Habitat

Die eintlike habitat van pikkewyne is die oopsee, waarvoor hulle anatomies uitstekend aangepas is. Hulle keer slegs na die kus terug om te broei; daar leef hulle in rotsagtige kuste van die suidelike kontinente, in koel woude van die gematigde gebiede, op subtropiese sandstrande, op grootliks plantlose lawavelde, subantarktiese grasveld of selfs op die ys van Antarktika. Terwyl die tropiese soorte oordgetrou is, trek ander in die winter verskeie honderd kilometer om na hulle broeigebiede terug te keer.

[wysig] Voortbeweging

Stormbandpikkewyn tydens Dolfynswem
Stormbandpikkewyn tydens Dolfynswem

Die gemiddelde swemspoed wat deur Pikkewyne bereik word is tussen 5 en 10km/h. Hulle kan egter vir kort tye ook hoër snelhede handhaaf. . Besonders vinnige vooruitbeweging kan bereik word deur Dolfynswem; waarin die pikkewyne soos 'n Dolfyn die water vir 'n kort tyd verlaat in 'n spring beweging. Die rede vir die optrede is nog onbekend: Moontlik verminder dit stroomweerstand en kan dit dalk Fressfeinde deurmekaar maak.

Tydens duikgange bereik Pikkewyne ongelooflike prestasies: Terwyl kleiner soorte soos die Eselpikkewyn (Pygoscelis papua) meestal net vir een, selde meer as twee minute lank duik en dan dieptes van slegs twintig meter bereik, is duike van meer as agttien minute al by Keiserpikkewyne gemeet, en duikdieptes van meer as 530 meter. Alhoewel die ekstreme prestasies van die groot-pikkewyne tot vandag toe nog nie regtig verstaan word nie, is dit bekend dat tydens die duikgange die polsslag van die diere verlaag kan word tot 'n vyfde van die normale rustende polsslag, wat suurstofverbruik verminder en sorg dat die moontlike duiklengste wat met een asemteug bereik kan word vermenigvuldig word. Druk- en temperaturregulering tydens diep duike is daarteenoor teen die begin van die 21ste eeu nog steeds 'n navorsingsonderwerp.

Wanneer hulle die water verlaat kan pikkewyne deur spronge vertikale afstande van meer as 1,80 meter oorkom. Op land beweeg hulle gewoonlik waggellende met hulle kort beentjies voort, 'n voortbewegingsmetode wat volgens biomeganiese studies verbasend energiedoeltreffend is. Op ys kan hulle daarenteen baie vinnig beweeg deur op hulle buik bergafwaarts te gly. Part soorte lê kilometer lange afstande af tussen hulle broeiplekke en die see.

[wysig] Voeding

Adéliepikkewyn wat van die see terugkeer
Adéliepikkewyn wat van die see terugkeer

Afhangende van hulle grootte voed pikkewyne op vis, baie keer Antarktiese Silwervis (Pleuragramma antarcticum), Sardellen (Engraulidae) of sardyne (in Clupeidae), op skaaldiere soos kril of klein inkvisse, wat aktief gejag word en sommer onder water verorber word. As verskillende soorte dieselfde habitat deel het hulle gewoonlik verskillende voedsel voorliefdes: So vang Adéliepikkewyne en Stormbandpikkewyne byvoorbeeld kril van verskillende groottes.

Laasgenoemde is gedurende die dag gereeld nie in oppervlak water beskikbaar nie wat vir pikkewyne wat op kril of ander soöplankton voed twee verskillende strategieë laat: Of hulle moet hulle prooi snags jag soos die Dwergpikkewyn (Eudyptula minor) of hulle moet in die dag in dieper water duik soos die ander pikkewynsoorte maak.

Die pikkewyne wat op klein skaaldiere spesialiseer is baie meer op reëlmatige buit aangewese as die visjagtende pikkewyne, hulle benodig egter ook minder energie vir hulle vangs: Terwyl laasgenoemde gereeld een sukses in tien bereik, moet eersgenoemde per duik tot sestien skaaldiere opspoor – omgeskakel na omtrent een vang elke ses sekondes – om hulle energiebehoeftes en die aptyt van hulle kuikens te bevredig. Die aantal duike per jagtog is soort- en seisoensafhanklik: Terwyl die Stormbandpikkewynen (Pygoscelis antarctica) in broeityd meer as 190 duike kan onderneem op 'n dag kan onderneem, kan Keiserpikkewyne op hulle uitgerekte daglange jagtogte meer as 860 duike onderneem.

Tydens ververing, en by groot-pikkewyne (Aptenodytes), Adéliepikkewyne (Pygoscelis adeliae), Stormbandpikkewyne (Pygoscelis antarctica) en gekuifde pikkewyne (Eudyptes) ook in broeityd, moet baie pikkewyne heeltemal sonder kos gaan. Die vastyd is by enkele soorte besonder lank en bedra sowat 'n maand by Adélie- en gekuifde pikkewyne, kan dit by manlike pikkewyne egter meer as drie en 'n half maande duur. Gedurende die tyd kan hulle tot helfte van hulle liggaamsgewig verloor aangesien die voël dan hulle metaboliese energie uit die vetreserwes wat voor die verveer en/of broeityd opgebou is kry. By Eselpikkewyne (Pygoscelis papua), Geeloogpikkewyne (Megadyptes antipodes), Dwergpikkewyne (Eudyptula minor) of Brilpikkewyne (Spheniscus demersus) wissel die mannetjie en wyfie pikkewyne mekaar egter met die broeipilgte af sodat hulle slegs tydens ververing hulle vetreserwes moet gebruik.

Pikkewyne bevredig hulle waterbehoeftes hoofsaaklik uit die see; oortollige sout word weer deur spesiale soutkliere wat bokant die oë lê uitgeskei.

[wysig] Voortplanting

Koningspikkewyne
Koningspikkewyne

Die ouderdom waarop pikkewyne hulle eerste aanloop tot voortplanting neem hang af aan die een kant van hulle tipe af en aan die ander kant van hulle geslag. So broei Dwerg-, Geeloog-, Esel- en Brilpikkewyne vir die eerste keer op tweejarige ouderdom; die wyfie van Adélie-, Stormband-, Konings- en Keiserpikkewyne begin begin gewoonlik 'n jaar later met hulle eerste broeipoging, terwyl die mannetjies nog twaalf maande verder uitstel. Gouekuifpikkewyne broei selfs eers op die ouderdom van vyf.

Bostaande data verteenwoordig statistiese gemiddeldes: In praktyk vind al hoe langer verblyf in die broeikolonie plaas, totdat broeioptrede skielik begin. In die geval van koningspikkewyne besoek weinig eenjarige byvoorbeeld enigsins die kolonie; ook in hulle tweede lewensjaar verskyn die diere baie keer vir slegs 'n paar dae daar. In die jare daarna skuif die eerste verskyning in die kolonie nie net keer op keer vroeër nie, maar verwyl hulle ook met toenemende ouderdom merkbaar meer tyd in die kolonie. By mannetjie pikkewyne van die groot-pikkewyne is dit nie ongewoon om eers op agtjarige ouderdom te begin broei nie.

Die seisoenale aanvang van broeityd is in die eerste plek van klimaatstoestande afhanklik. Terwyl die verder noordlewende Galápagos-, Dwerg- en Brilpikkewyne deur die hele jaar kan broei en Dwergpikkewyne in enkele gevalle selfs twee keer per jaar broei, begin byna al die wat in subantarktiese tot arktiese klimaatsomstandighede voorkom hoofsaaklik in die lente of somer met eierlê. 'n Noemenswaardige uitsondering op die reël word deur die keiserpikkewyne daar gestel, by wie broeityd in die herfs begin. Die kuikens word dan tydens die antarktiese winter teen temperature van tot - 40 grade Celsius grootgemaak – eiesoortige aanpassings aan lewe in die koue is by hulle dus lewensbelangrik. Ook die kuikens van koningspikkewyne oorwinter in die (verder noordliggende) broeikolonies, maar word in die tydperk slegs selde deur hulle ouers gevoed, wat beteken dat daar in hulle eerste winter aansienlike gewigsverlies plaasvind.

Pikkewyne is nie net in die water nie, maar ook op land baie gesellige diere. In besonder vind eierlê, broei, en die verder grootmaak van kuikens by baie soorte gelyktydig in groot broeikolonies plaas, wat in uiterste gevalle tot vyf-miljoen diere kan insluit.

By die nie-permanent gesvetigde soorte betree die mannetjies die kolonie meestal eerste en probeer hulle by byna alle soorte 'n klein gebied in palm, wat egter selde meer as 'n vierkante kilometer oppervlak omsluit. Hulle sosiale handeling is dus nesgebonde, slegs die groot-pikkewyne is 'n uitsondering wat geen neste vir hulle eiers aanlê nie en slegs teenoor hulle paarmaats en hulle eie nageslag opvallende optrede toon.

Mannetjies poog om deur trompetroepe 'n wyfie te lok. As dit nie die eerste broeipoging is nie is dit baie keer die maat van die vorige jaar. Die onderskeid in egskeidingstempo wissel by pikkewyne baie na gelang van die soort: Die persentasie geeloogpikewyne wat na die eerste jaar ander maats kies is teen 14 persent baie laag; hulle maatgetrouheid word ook daardeur onderstreep dat 12 persent van die pare langer as sewe jaar hou. Daarteenoor is die jaarlikse skeidingstempo by Adélie-Pikkewyne meers as 50 persent, gevolglik is daar sover bekend geen paarverhoudings wat langer as ses-jaar hou nie. Dit is bekend dat broeisukses in die vorige jaar 'n 'n belangrike rols speel by die keuse van paarmaats.

Tussen die kompleksiteit van die sosiale verhoudings en die meganismes vir die herken van maats aan die een kant en die kolonie grootte aan die anderkant bestaan daar 'n noue verhouding: Die paarrituele van die Adélie-, Stormband-, Esel- en Gekuifdepikkewyne wat in reuse kolonies dig bymekaar saamwoon is sowel visueel as klankgewys besonder opvallend; die geeloogpikkewyne wat in digter plantegroei leef of die dwergpikkewyne waarvan die neste ver uitmekaar is daarteenoor meer beskeie.

[wysig] Eierlê en broei

Kolonie van Adéliepikkewyne
Kolonie van Adéliepikkewyne

Na kopulasie, waartydens die mannetjies hulle op die rug van hulle wyfies moet balanseer, volg eierlegging. Terwyl keiser- en koningspikkewyne slegs een eier op hulle voete uitbroei, lê ander soorte pikkewynwyfies oor drie tot vyf dae twee eiers in 'n eenvoudige nes, wat uit uit materiaal wat in die omgewing gevind kan word soos gras of klein klippies gemaak word. Die eier kleur is wit of groenerig.

Nie alle eiers word vervolgens uitgebroei nie: By jong pare broei die kuikens gereeld nie uit nie; by twee-jarige ouers word minder 33 persent van die eiers uigebroei. Broei sukses styg vinnig met toenemende ouderdom en bereik 'n maksimum van meer as 90 persent; eers by baie ou pikkewyne val dit weer geleidelik met afnemende vrugbaarheid tot sowat 75 persent.

Gewoonlik is die eerste eiere effens groter as die tweede sodat die tweede kuiken na die soortafhanklike tussen een en twee maande lange inkubasietyd effens vroeër uitbroei as haar broer- of susterkuiken. As gevolg hiervan word die ouer en groter kuiken deur sy ouers voorgetrek en bekom hulle byvoorbeeld reëlmatig meer voedsel as die tweede kuiken, wat gou verwaarloos word en gewoonlik vinnig sterf. Die verskynsel is 'n evolutionêre aanpassing tot beperkte 'n kosvoorraadgebot: Deur die snelle dood van die tweede kuiken word verseker dat die oorlewingskanse van die eerste nie deur die verdeling van knap hulpbronne op twee nakomeling benadeel word nie. Omgekeerd neem ouers versekering uit met die tweede eier teen die moontlikheid dat die eerste kuiken voortydig sou sterf.

Hoewel die broeireduksie by meeste soorte net by knap voedingaanbod voorkom en die kortsnawelpikkewyne (E. pachyrhynchus) so te sê altyd beide kuikens grootmaak, is broeireduksie die reël by alle gekuifde-pikkewyne; interessant genoeg is die tweede eier by die soorte die groter eier (die persentasie onderskeid lê tussen 20 en 70 persent), waaruit die eerste kuiken uitbroei.

[wysig] Grootmaak van jong pikkewyne

Keiserpikkewyne met kleintjies
Keiserpikkewyne met kleintjies

Die grootmaak van jong pikkewyne kan en twee fases verdeel word:

  • In die eerste twee tot drie, by Groot-Pikkewyne selfs ses, weke word die kuikens permanent deur 'n ouers opgepas, terwyl die ouer se maat na voedsel gaan soek.
  • Sodra die jong pikkewyne groot geword het begin die "kleuterskool"-tyd, waartydens die kleintjies in groepe saamgebring word terwyl beide ouers na voedsel verkry. Afhangende van die soort kan sulke "kleuterskole" uit slegs 'n paar dier uit naburige nesse bestaan soos byvoorbeeld die geval is met stormring- of brilpikkewyne, of kan duisende individue saamgesit word soos by Adélie-, esel- of groot-pikkewyne.

Voedingstye is sterk soort afhanklik: Eselpikkewyne voed hulle kroos daagliks, Adélie- of Stormringpikkewyne slegs elke twee dae, die groot-pikkewyne baie keer slegs elke vier dae of selfs nof minder gereeld. Natuurlik is die maaltye by laasgenoemde dan soveel groter. Die voedsel hoeveelheid is meestal aangepas by die ontwikkelingstand van die kuiken aangepas, dog altyd enrom in vergelyking met hulle liggaamsgewig: jong kuiken van klein pikkewynsoorte kan maklik reeds 500 g voedsel per voeding inneem; groot-pikkewyne gee self 'n kilogram vis meer op 'n slag aan hulle kuikens, sodat dit geen wonder is dat jong pikewyne welmenende waarnemers as mollige voedselsakke met 'n klein kop en groot voete beskryf is nie. Koningpikkewynkleintjies kan na twaalf maande selfs swaarder as hulle ouers wees.

By die nie-voortdurende koloniebewoner soorte word die kolonie gou na ververing verlaat, by die gekuifde pikkewyne byvoorbeeld binne 'n week. Die ouerlike sorg word daarmee in alle waarskynlikheid beëindig – voeding op see is nog nie waargeneem nie en is ook moeilik denkbaar. By eselpikkewyne wat die hele jaar in die omgewing van hulle kolonie deurbring, keer die kleintjies nog vir twee tot drie weke reëlmatig na hulle ouers terug en verkry daar verder voedsel; daarna is hulle ook op hulle self aangewese.

Hulle oorlewingskanse is in die eerste twaalf maande gering. By Adélie-pikkewyne oorleef slegs ongeveer die helfte van die kleintjies na die eerste moeilike jaar. 'n Beduidende faktor, wat hulle lewensverwagting aansienlik beïnvloed, is die omvang van die vetreserwes wat in die broeikolonie aangesit is, wat weer van voeding deur die ouers en dus van hulle jagsukses afhang.

Die oorlewingswaarskynlikheid van volwasse diere is in teenstelling hiermee wesenlik hoër: Dit bedra by die klein Adélie-pikkewyn sewentig tot tagtig persent, by die groot-pikkewyne selfs meer as negentig persent. Pikkewyne kan ouderdomme van meer as 25 jaar bereik.

[wysig] Natuurlike Vyande

Brilpikkewyn, Dierkundige-Botaniese tuin Wilhelma, Stuttgart
Brilpikkewyn, Dierkundige-Botaniese tuin Wilhelma, Stuttgart

As gevolg van die mees geïsoleerde broeiplekke het volwasse pikkewyne op land byna geen natuurlike vyande nie; soogdiere wat deur mense ingevoer is soos honde en katte verteenwoordig egter in seker gebiede 'n ernstige bedreiging. Pikkewyne kan ter verdediging sowel hulle snawels as hulle vinne inspan. Onbewaakte kuikens word daarteenoor vinnig die prooi van Bruinroofmeeue (Stercorarius antarctica). Die voëls en sommige meeue benut enige geleentheid om eiers te steel.

Seeluiperde (Hydrurga leptonyx), pelsrobbe (Arctocephalus), Australiese- (Neophoca cinerea) en Nieu-Seelandse Seeleeus (Phocarctos hookeri) asook moorvisse (Orcinus Orca) en haaie (Selachii) jag pikkewyne in die see, veral aangewese robsoorte patrolleer baie keer die vlak water voor broeikolonies, waar pikkewyne hulle goeie maneuvreringsvermoeë nie so goed kan gebruik nie. Daar word geskat dat sowat 5 % van alle Adélie-pikkewyne per jaar op die wyse omkom.

Dit veroorsaak vermoedelik die huiwering waarmee die voëls die water, waarby hulle tog so goed aangepas is, binne gaan. Voor die Losschwimmen benader die pikkewyne die oewer versigtig in klein groepe, duidelik almal met die wens om nie die eerste te hoef wees wat die see binne gaan nie; die prosedure duur baie keer tot 'n halfuur. Sodra 'n enkele skielik genoeg moed bymekaar skraap om in die water te spring volg al die ander.

[wysig] Bedreiging

Geeloogpikkewyn (Megadyptes antipodes)
Geeloogpikkewyn (Megadyptes antipodes)

Drie soorte, die Kroonpikkewyn (Eudyptes sclateri), die Geeloogpikkewyn (Megadyptes antipodes) en die Galápagospikkewyn (Spheniscus mendiculus) word teen die begin van die 21ste eeu as kritiek bedreig beskou[1][2][3], sewe ander word as kwesbaar beskou, waaronder die brilpikkewyn wat in Suid-Afrika voorkom.[4].

Vroeër is hele kolonies uitgewis deur versameling van eiers as voedselbron en die afslag van volwasse diere vir olieontginning uit die ryk vetlaag, vandag staar pikkewyne ander gevare in die gesig.

Daaronder tel die verlies aan habitat soos byvoorbeeld by die Geeloogpikkewyn waarvan die bestaan bedrieg word deur toenemende grondbenutting en menslike ingrypings in die duinestelsel van Nieu-Seeland, die gevare wat ingevoerde soogdiere wat wild geword het inhou soos by die Galápagospikkewyn, waarvan die broeikolonie wat tot twee eilande beperk is deur rondloper-honde uitgedun word, en klimaatverandering: Die Galápagospikkewynbevolking in die 1980's en 1990's kwaai uitgedun deur 'n ineenstorting van die visvoorrad wat tot die El-Niñoverskynsel en gepaardgaande klimaatverandering teruggespoor kan word.

Geelkuifpikkewyne (Eudyptes chrysochome), Magellaanse Pikkewyn (Spheniscus magellanicus) en Humboldtpikkewyn (Spheniscus humboldti) kom in hulle uitgebreide jagtogte op Sardellen en sardyne in subantarktiese water weer gereeld in konflik met kommersiële vissery, wat gedeeltelik op die selfde vissoorte spesialisee: Terwyl vissers kla oor verliese aan inkomste, verloor baie pikkewyne hulle voedselbron. Daar is egter pogings om die kompetisie in die belang van die vissers op te los.

Brilpikkewyne en Magellaanse Pikkewyn, waarvan die kolonies onderskeidelik in die Kaap van Goeie Hoop in Suid-Afrika en aan die Magellaanseestraat op die suidpunt van Suid-Amerika voorkom, lei besonder onder oliestorting wat deur die skeepsvaart wat daar verbygaan veroorsaak word - roetes wat wat veral deur olietenkskepe gebruik word. Be-oliede pikkewyne kan gevang, skoongemaak en weer vrygelaat word; dit is egter 'n baie tydrowende duur proses.

Aan die ander kant het die intensiewe jag van Bartenwale (Mysticeti) en die gevolglike krill-vermeerdering tot 'n soortgelyke toename in Stormband- en Koningpikkewyne gelei; die meeste antarktiese soorte word tans as gevolg van hulle afgeleë habitat as stabiel beskou

[wysig] Pikkewyne en die mens

Pikkewynemars
Pikkewynemars

Getuienis van die eerste ontmoeting tussen mense en pikkewyne kom uit Australië: Argeologiese beenfondse in bêreplekke van Aborigines toon aan dat pikkewyne in prehistoriese tyd 'n bestanddeel van die voeding van die Australiese oerbewoners was.

In Europa raak pikkewyne eers aan die einde van die 15de en die begin van die 16de eeue deur ontdekkingsvaarte van die Portugese seevaarders onder Vasco da Gama en Ferdinand Magellan bekend. Die vroegste verwysing bekend van die voëls kom uit die dagboek van Vasco da Gamas van 25 November 1497, toe hy in Mosselbaai aan die suidkus van Suid-Afrika geanker lê. Hy het daar wat vandag as 'n Brilpikkewyn (Spheniscus demersus) en Magellaanse-Pikkewyne (Spheniscus magellanicus) bekendstaan teegekom. Die brilpikkewyn is ook die eerste wetenskaplik beskryfde soort, van waar die latynse familie- en orde name afgelie is – dit word reeds in 1758 deur die Sweedse taksonoom Carl von Linné in sy werk Systema Naturae behandel. Byna alle ander soorte word daateenoor eers met die verkenning van die Suidelike Oseaan in die laat 18de en 19de eeu ontdek.

Die woord pikkewyn is verwant aan die naam wat die voël in Nederlands (pinguïns), Duits (Pinguine) en Engels (penguin) het. Die woord kom oorspronklik van die die onverwante noordelike halfrond voël wat in die Atlantiese Oseaan aangetref is – die nou uitgestorwe, vluglose Riesenalk (Pinguinus impennis), waarvan die vlerke ook tot vinne ontwikkel het. Alhoewel die voël nie naby verwant was aan die pikkewyne nie het seelui pikkewyne daarna vernoem as gevolg van die ooreenkoms tussen die voëls. Volgens sommige bronne kom die woord penguin van die Walliess pen gwyn, wat "wit kop" beteken. Pikkewyne het natuurlik nie witkoppe nie maar die Riesenalk het wel 'n witkop gehad. In Frans word die onderskeid nog gehandhaaf en staan die pikkewyn as le manchots bekend en nie le pingouin nie – laasgenoemde verwys na noordelike halfrond voëls van die familie Alcidés waaraan die Riesenalk (Frans: le grand pingouin ook behoort het.

Pikkewyne is baie nuuskierige diere en is op land so te sê vreesloos. Anders as tembare diere, wat hulle vrees van mense eers na heelwat kontak met mense verloor, is meeste van nature nie bang vir mense nie. Alhoewel die bewering natuurlik nie wetenskaplik bevestig kan word nie, uiter reisigers na die Antarktiese gebied baie keer die gedagte dat pikkewyne mense aansien vir effens groter en vreemd geboude pikkewyne...

Linux-Maskottchen Tux
Linux-Maskottchen Tux

Pikkewyne word gesien as baie geliefde diere wat vurige voorspraak kan uitlok. Yskaste, yshokkiespanne en 'n groot Engelse uitgewery, Penguin, is na pikkewyne vernoem. Die aanhang het tot vandag toe nie gekwyn nie: Toe Linus Torvalds, van die vrye bedryfstelsels Linux faam na 'n maskottchen soek besluit hy op die pikkewyn Tux.

Pikkewyne is ook al soms in 'n donkerder lig geskets en dit is dalk juis die vriedelik-sjarmante beeld wat pikewyne het wat daartoe gelie het dat die makers van die Batmanreeks besluit het om een van die mees sinistêre figure van die opperste booswig die naam pikkewyn te gee. Danny DeVito vertolk die rol in die 1992-film Batmans Rückkehr. Badtz Maru, of "slegte pikkewyn", is weer 'n stoute pikkewynkarakter wat deur die [[Japan]nese maatskappy Sanrio geskep is, 'n moeilikheidmaker wat gewoonlik aan die kant van stoute seuns en die slegte ou in die storie is. Pingu is weer 'n vriendelik-vreedsame pikkewyn van die Switserse televisie.

[wysig] Stamgeskiedenis

[wysig] Sistematiek

Puffinus gravis - 'n voorbeeld van die stormvoëlagtiges wat aan die pikkewyne verwant is
Puffinus gravis - 'n voorbeeld van die stormvoëlagtiges wat aan die pikkewyne verwant is

Onder die lewende pikkewyne word sewentien spesies of soorte onderskei wat in ses Genusse voorkom:

  • Die Langsnawelpikkewyne (Pygoscelis) omvat die "prototipiese pikkewyne, soos wat in strokiesverhale karikature aangetref word. Hulle is sonder uitsondering swart en wit geveer en verveer aan die einde van die jeweiligen broeiseisoen. Drie spesies word onderskei: die Eselpikkewyn (P. papua), die Adéliepikkewyn (P. adeliae) en die Stormbandpikkewyn (P. Antarctica). Alle soorte is baie sosiaal, die Stormbandpikkewyn verteenwoordig met 'n geskatte vyf-miljoen broeipare op Deceptioneiland die grootste pikkewynkolonie.
  • Die Groot-pikkewyne (Aptenodytes), waartoe die Koningpikkewyn (A. patagonicus) en die Keiserpikkewyn (A. forsteri) tel, omvat, soos die naam duidelik aandui, beide die grootste twee pikkewynspesies. Hulle beskik oor 'n lang slanke effense gekromde snawel en in beide gevalle 'n kenmerkende oranje-kleurige merk op die nek. Groot-pikkewyne bou nie neste nie; die enkele eier word inplaas daarvan op die pote uitgebroei.
  • Die Gekuifde-pikkewyne (Eudyptes) omvat die grootste hoeveelheid spesies. Die groep is heel divers maar onderskei hulle deur geel-oranje kleurige veerversiering op die kop. Gekuifde-pikkewyne lewe hoofsaaklik in die water om Nieu-Seeland, hulle kolonies bestaan slegs tydens broeiseisoen. By alle soorte kom broeivermindering plaas: Alhoewel daar altyd twee eiers gelê word, word net een kuiken groot gemaak, om 'n ongunstige voedselverdeling, waar daar op die einde nie genoeg kos vir enige van die kleintjie sou wees nie te vermy.
  • Die genus van die Geeloogpikkewyne (Megadyptes) is monotipies en omvat slegs een spesie, die Geeloogpikkewyn (M. antipodes), wat in suidelike Nieu-Seeland broei. Geel vere wys op die verwantskap met die Gekuifde-pikkewyne.
  • Die genus van die Dwergpikkewyne (Eudyptula) bevat ook slegs een spesie, die Dwergpikkewyn (E. minor), sommige taksonome beskou egter die witvlerkpikkewyn (E. minor albosignata), wat gewoonlik as subspesie beskou word, as 'n selfstandige spesie. Dwergpikkewyne is soos die naam reeds verraai, die kleinste pikkewyne en kom voor in die water om Australië en Nieu-Seeland.
Brilpikkewyne by Boulders naby Simonstad
Brilpikkewyne by Boulders naby Simonstad
  • Die Brilpikkewyne (Spheniscus) wverteenwoordig 'n baie eenvormige genus, wat vermoedelik 'n baie onlangse oorsprong het. Die vier spesies, Brilpikkewyn, (Suid-Afrika),Humboldtpikkewyn, (Suid-Amerika), Magellaanse-pikkewyn, (Suid-Amerika) en Galápagos-Pikkewyn, (Suid-Amerika), word uitgeken aan swart strepe op hulle sye, 'n kenmerkende swart-wit Kopfmuster en kaal kopvel. Brilpikkewyne word die verste noord van alle pikkewyne aangetref en is ook tuis in tropiese omgewings. Die voëls bly die hele jaar lank by hulle kolonies; broeityd en ververing is meestal veranderlik en onafhanklik van die seisoen. Dwergpikkewyne en die kleintjies van brillenpikkewyne lyk baie soortgelyk, 'n aanduiding dat daar 'n noue verwantskap tussen die twee genusse bestaan.

Die stam verwantskap van die genusse word duidelik in die volgende diagram wat op genetiese en morfologies data gegrond is:

Pikkewyne (Spheniscidae)
|-- Langsnawelpikkewyne (Pygoscelis)
'--N. N.
   |-- Groot-pikkewyne (Aptenodytes)
   '--N. N.
      |--N. N.
      |  |-- Gekuifde-pikkewyne (Eudyptes)
      |  '-- Geeloogpikkewyne (Megadyptes)
      |
      '--N. N.
         |-- Dwergpikkewyne (Eudyptula)
         '-- Brilpikkewyne (Sphenicus)

Terwyl die sustergroep verhouding van die Gekuifde- en Geeloogpikkewyne, en die van die dwerg- en brilpikkewyne algemeen aanvaar word, is daar meer onsekereheid oor die ander gennusse se verwantskappe.

[wysig] Kort oorsig van pikkewynsoorte

  • Langsnawelpikkewyne, Antarktika, swart en wit geveer
    • Witoorpikkewyn of Eselpikkewyn (Pygoscelis papua), Subantarktiese Eilande/Antarktikaskiereiland
    • Adéliepikkewyn (Pygoscelis adeliae), Antarktika
    • Stormbandpikkewyn of Keelstreeppikkewyn (Pygoscelis antarctica), Antarktikaskiereiland
  • Groot-pikkewyne, Antarktika, grootste pikkewyne
    • Koningpikkewyn (Aptenodytes patagonicus), Subantarktiese Eilande
    • Keiserpikkewyn (Aptenodytes forsteri), Antarktika
  • Gekuifde-pikkewyne , Australië/Nieu-Seeland, geel-oranje veer-hooftooisel
    • Fjordlandpikkewyn of Dikbekpikkewyn (Eudyptes pachyrhynchus), Australië/Nieu-Seeland
    • Snareskuifpikkewyn of Snare-eilandpikkewyn(Eudyptes robustus), Snare-eilande
    • Grootkuifpikkewyn KronenpinguinSclater-Pinguin ((Eudyptes sclateri, ook E. atratus),, (Eudyptes sclateri ook E. Atratus), Australië/Nieu-Seeland
    • Schlegelpikkewyn of macquariepikkewyn (Eudyptes schlegeli), Subantarktiese Eilande – spesifiek die Macquarie-eilande [5]
    • Langkuifpikkewyn of Macaronipikkewyn (Eudyptes chrysolophus) – Suid-Shetlandeilande, Suid-Orkneyeilande en die Suidelike-Sandwicheiland.
    • Geelkuifpikkewyn (Eudyptes chrysocome), Subantarktiese Eilande
  • Geeloogpikkewyne (Megadyptes antipodes), Australië/Nieu-Seeland, geel vere om die oë
  • Dwergpikkewyne (Eudyptula minor), Australië/Nieu-Seeland (die kleinste Pikkewyn)
    • Witvlerkpikkewyn (Eudyptula albosignata) – gewoonlik as subspesie van Dwergpikkewyn beskou. Banksskiereiland aan die ooskus van Nieu-Seeland en in die Cook Straat.
  • Brilpikkewyne, warmer gebiede, swart strepe op die sye, swart-wit Kopfmuster, kaal kopvel
    • Brilpikkewyn of Afrikapikkewyn (Spheniscus demersus), Suid-Afrika
    • Humboldtpikkewyn (Spheniscus humboldti), Suid-Amerika
    • Magellaanse Pikkewyn (Spheniscus magellanicus), Suid-Amerika
    • Galápagospikkewyn (Spheniscus mendiculus), Suid-Amerika

[wysig] Literatuur

[wysig] Eksterne Skakels

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:

[wysig] Verwysings

  1. BirdLife [1] Erect-crested Penguin Eudyptes sclateri, Besoek op 1 Mei 2006
  2. BirdLife [2] Galápagos Penguin Spheniscus mendiculus, Besoek op 1 Mei 2006
  3. BirdLife [3] Yellow-eyed Penguin Megadyptes antipodes, Besoek op 1 Mei 2006
  4. BirdLife [4] Species Search Results for Family Spheniscidae, Besoek op 1 Mei 2006
  5. Annemarie's Pinguinweb [5], De 17 soorten.., Besoek op 3 Mei 2006


[wysig] Sien ook

[wysig] Suid-Afrikaanse voëls


Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu