New Immissions/Updates:
boundless - educate - edutalab - empatico - es-ebooks - es16 - fr16 - fsfiles - hesperian - solidaria - wikipediaforschools
- wikipediaforschoolses - wikipediaforschoolsfr - wikipediaforschoolspt - worldmap -

See also: Liber Liber - Libro Parlato - Liber Musica  - Manuzio -  Liber Liber ISO Files - Alphabetical Order - Multivolume ZIP Complete Archive - PDF Files - OGG Music Files -

PROJECT GUTENBERG HTML: Volume I - Volume II - Volume III - Volume IV - Volume V - Volume VI - Volume VII - Volume VIII - Volume IX

Ascolta ""Volevo solo fare un audiolibro"" su Spreaker.
CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Potsdam - Wikipedia

Potsdam

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Potsdam

Land: Duitsland
Deelstaat: Brandenburg
Stigting: 993 (eerste verwysing)
Koördinate: 52° 24' N, 13° 4' O
Oppervlakte: 187,27 km²
Bevolking: 146 430 (31 Desember 2005)
Bevolkingsdigtheid: 782 / km²
Hoogte: 35 m bo seespieël
Burgemeester: Jann Jakobs (SPD)
Amptelike webwerf: potsdam.de
Die Slot Sanssouci, 'n gunstelingprojek van die Pruisiese koning Frederik die Grote
Die Slot Sanssouci, 'n gunstelingprojek van die Pruisiese koning Frederik die Grote

Potsdam is die administratiewe sentrum en grootste stad van die Duitse deelstaat Brandenburg, met sowat 146 000 inwoners (2005). Potsdam lê digby die suidwestelike stadsgrens van die Duitse hoofstad Berlyn, wat 'n eie deelstaat in die hart van Brandenburg vorm, en maak deel uit van die Europese metropolitaanse gebied Berlyn-Brandenburg.

Potsdam is 'n gewilde toeristebestemming. Dit is die voormalige hoofstad van die historiese koninkryk Pruise, en beskik oor 'n ryk kulturele erfenis van, onder meer, koninklike kastele en parke, waarvan Sanssouci die bekendste is. Dit is in 1990 deur die UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

'n Voorstad van Potsdam, Babelsberg, is een van die belangrikste sentrums van die televisie- en rolprentbedryf in Europa. Die filmateljee Babelsberg beskik oor die grootste kapasiteit en modernste geriewe van sy soort in Duitsland en ontwikkel nou ook tot 'n gewilde ateljee vir internasionale rolprentprojekte.

Inhoud

[wysig] Geografie

Die Sacrowse Meer
Die Sacrowse Meer

Potsdam lê suidwes van Berlyn teen die Havelrivier, in 'n landskap wat gedurende die Ystydperk gevorm is en deur talle woude en mere oorheers word. Breë valleie en heuwels kenmerk die omgewing van Potsdam. Die Teltowkanaal en die Nutherivier mond in die stadsgebied in die Havel uit.

Die stad word omring deur 'n groot aantal mere soos die Griebnitzmeer, Templinse Meer, Sacrowse Meer en Groot-Glienickemeer. Die hoogste bergspits in die stadsgebied is die Klein Ravensberg met 'n hoogte van 114,2 meter bo seevlak.

Die Potsdamse Datum is in die Duitse kartografie en geodesie die sentraalpunt vir die Bessel-ellipsoïed van die Gauß-Krüger-koördinatestelsel.

Die stadsgebied bestaan uit die woongebiede Potsdam, Babelsberg, Bornim, Bornstedt, Drewitz, Nedlitz en Sacrow en nege stadswyke, wat grotendeels eers op 26 Oktober 2003 by Potsdam ingelyf is en nog steeds oor hulle eie verkose dorpsraad en plaaslike burgemeester beskik.

[wysig] Geskiedenis

[wysig] Vroeë geskiedenis

In die 7de eeu het die Slawiese stam van die Hevellers 'n versterking langs die Havel opgerig, teenoor die uitmonding van die Nutherivier. Die eerste verwysing na die stad ("Poztupimi") kom voor in 'n historiese dokument uit die jaar 993.

[wysig] Middeleeue

Teen die middel van die 12de eeu is sowat 700 meter van die Slawiese burg 'n Duitse steenkasteel digby die oorgang oor die Havel opgerig, wat die kern van 'n klein nedersetting geword het. 'n Dokument uit die jaar 1304 verwys na die stad as 'n stedeken ("klein stad"), terwyl 'n verwysing na sowel die stad asook sy kasteel uit die jaar 1317 dagteken. Die naam Postamp is in dieselfde jaar vir die eerste keer opgeteken. Dit is van Slawiese herkoms en beteken letterlik "Postapim se nedersetting".

Potsdam het in 1345 stadstatus gekry, maar het nogtans vir 'n lang tyd 'n onbenullige markstad gebly. In 1573 was daar nog steeds slegs 192 huise en 2 000 inwoners. Ná die verwoestings van die Dertigjarige Oorlog (1618-1648) het hierdie getal selfs tot 700 gekrimp.

[wysig] Die moderne tydperk

Die Ou Raadsaal
Die Ou Raadsaal

Met die keurvorstelike Landdag van die jaar 1653, waartydens die keurvors van Brandenburg die mag van die plaaslike adel beperk het, is die tydperk van die absolutisme ingelui.

Met die uitbou van die plaaslike slot, wat in die 16de eeu uit die kasteel ontstaan het, het danksy keurvors Frederik Willem van Brandenburg vanaf 1660 'n nuwe groeifase begin. Die slot, wat aanvanklik as tydens jagte gebruik is, is later deur die Pruisiese koningsgesin as 'n somerkasteel gebruik.

'n Lugfoto van Potsdam, met die Havel in die voorgrond
'n Lugfoto van Potsdam, met die Havel in die voorgrond

Potsdam het tot 'n belangrike garnisoenstad van die Pruisiese leër ontwikkel, en gevolglik het talle ambagsmanne, wat militêre uitrusting en ander goedere vervaardig het, hulle in die stad gevestig. Danksy die militêre betekenis het Potsdam vinnig gegroei, en tydens die Eerste en Tweede Stadsuitbreiding is nuwe woonbuurte opgerig. Koning Frederik II die Grote het sedert 1745 net buite die destydse stad sy slot Sanssouci, saam met 'n uitgestrekte tuin en ander geboue, op 'n wynberg laat oprig. Tydens die 19de eeu het talle regeringsamptenare hulle in Potsdam gevestig.

In die tyd van die Nasionaalsosialisme het op 21 Maart 1933 die "Dag van Potsdam" plaasgevind, 'n plegtigheid in die Potsdamse Garnisoenkerk, waartydens die bejaarde Duitse Rykspresident Paul von Hindenburg en die nuwe Rykskanselier Adolf Hitler hande geskud het. Hierdie gebeurtenis is as 'n simboliese bond tussen die Duitse Weermag (Reichswehr) en die Nasionaalsosialisme beskou.

In die laaste fase van die Tweede Wêreldoorlog is die historiese stadsentrum op 14 April 1945 deur 'n geallieerde bomaanval verwoes. Nogtans is Potsdam die meeste bomaanvalle gespaar. Die ligmarkerings, waarmee die geallieerde lugmagte gewoonlik hulle teikens vir die bomwerpers gemarkeer het, is in suidoostelike rigting weggedryf, en sodoende het die meeste swaar bomme en lugmyne in die Ravensbergreeks suid van die hoofstasie geval. Hier is talle bomkraters bewaar.

Marmerpaleis
Marmerpaleis

Desondanks het die laaste bomaanval 'n groot deel van die historiese stadskern verniel, en slegs klein dele soos die Nuwe Markplein, die Nikolaikerk, die Ou Raadsaal en die Hollandse Buurt is bewaar. Die buurt tussen die Ou Markplein en die Ou Vaart langs die Vriendskapseiland het onherroeplik verlore gegaan. Van die kasteel is net die buitenste mure bewaar. Die Breë Straat is deur brande verwoes, en weens die ontploffing van ammunisie is ook die nabygeleë Garnisoenkerk aan die brand gesteek. Die kerkskip en die boonste verdieping van die kerktoring met sy beroemde klokkespel uit die 18de eeu, 'n bekende baken van Potsdam, is verniel.

Die Nikolaikerk. Die obelisk voor die portaal dateer uit die jaar 1755
Die Nikolaikerk. Die obelisk voor die portaal dateer uit die jaar 1755

Kort ná hierdie aanval het die Nasionaalsosialiste Potsdam tot vesting verklaar, om te verhoed dat die aanrukkende Russiese troepe gebruik kon maak van die hoofpaaie na Berlyn. Spoorwegbrûe is opgeblaas, en vernielde tremwaens het as boumateriaal vir straatversperrings gedien. Die torings van die Nikolaikerk en Heilige-Geeskerk het as uitkykposte gedien. In die laaste dae van die oorlog is hierdie kerke deur die Russiese artillerie swaar beskadig, en die Nikolaikerk is eers in 1981 herstel. Die Rooi Leër het Potsdam op 30 April 1945 ingeneem.

Die slot Cecilienhof, woonplek van die laaste Duitse kroonprins, was van 17 Julie tot 2 Augustus 1945 die toneel van 'n byeenkoms van die geallieerde magte - die VSA (verteenwoordig deur president Harry S. Truman), Groot-Brittanje (aanvanklik Winston Churchill, later Clement Richard Attlee) en Sowjetunie (Josef Stalin). Hier is uiteindelik die Ooreenkoms van Potsdam onderteken.

In die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) het Potsdam sedert 1952 as die administratiewe hoofstad van die distrik (Bezirk) Potsdam gedien. Die Kommunistiese bewind van die Duitse Demokratiese Republiek was ywerig om die simbole van die Pruisiese militarisme in Potsdam te verwyder. Gevolglik is baie historiese geboue, waarvan 'n groot aantal reeds tydens die oorlog beskadig is, gesloop.

Weens sy ligging suidwes van Berlyn het Potsdam ná die oprigting van die Berlynse Muur aan Wes-Berlyn gegrens. Die stad was nie net afgesny van Wes-Berlyn nie, ook die reistye van pendelaars, wat in Oos-Berlyn gewerk het, is sodoende verdubbel. Die Glienicke-brug oor die Havel, wat Potsdam met Berlyn verbind het, is tydens die Koue Oorlog verskeie kere gebruik om spioene uit te ruil.

Potsdam het ná die Duitse hereniging in 1990 die hoofstad van die deelstaat Brandenburg geword. 'n Aantal historiese geboue word tans herbou en herstel.

[wysig] Die Hollandse Buurt

Die Hollandse Buurt
Die Hollandse Buurt

Die Hollandse Buurt is 'n stadswyk in die hart van Potsdam, wat in die tydperk tussen 1733 en 1740 onder die leiding van die Nederlandse boumeester Jan Bouman (Johann Boumann) opgerig is. Die buurt bestaan uit 134 huise, wat van rooi bakstene gebou is, en deur twee strate in vier blokke verdeel word. Die buurt met sy Nederlandse barokboustyl, die enigste van sy soort in Duitsland, is in sy oorspronklike vorm bewaar.

Die buurt was oorspronklik daarop gemik om Nederlandse ambagsmanne na Potsdam te lok - in 'n tyd toe die tekort aan opgeleide mannekrag ook nadelige gevolge vir die staatsinkomste gehad het. Nadat minder Nederlanders as verwag hulle in Potsdam gevestig het, het Franse en Pruisiese sakemanne, kunstenaars en soldate in die huise ingetrek.

In die tyd van die Duitse Demokratiese Republiek het dele van die buurt bouvallig geword, maar die stadswyk is ná die Duitse hereniging grotendeels gerestoureer en het intussen weer 'n gewilde woonplek geword.

Danksy die aantreklike mengsel van woonstelle, klein winkels, galerye, ateljees, kroeë, restourante en kafees lok die buurt inheemse besoekers en toeriste. Drie keer per jaar vind gewilde feeste plaas: Die Tulpefees in April, die Pottebakkersmark in September en die Hollandse Kersfeesmark in Desember.

[wysig] Romeinse Baddens

Die Tuinierhuis met die Romeinse Baddens
Die Tuinierhuis met die Romeinse Baddens

Die Romeinse Baddens noordoos van die slot Charlottenhof in die Sanssouci-park weerspieël keurvors Frederik Willem IV se verlange na Italië. Die kompleks, wat in die tydperk tussen 1829 en 1840 opgerig is, verenig 'n aantal Romeinse en Oud-Italiaanse boustyle.

Frederik Willem het die slot Charlottenhof (1826-1829) en daarna die Romeinse Baddens nog in sy tyd as kroonprins laat oprig. Die troonopvolger het self 'n groot aantal ideë en ontwerptekeninge vir die projekte bygedra en groot invloed op die argitek Karl Friedrich Schinkel se planne uitgeoefen. Die boubedrywighede is deur Ludwig Persius, 'n leerling van Schinkel, beheer.

Die binneruimte van die Romeinse Baddens
Die binneruimte van die Romeinse Baddens

Die Romeinse Bad (1834-1840) in die boustyl van 'n antieke villa, wat ook sy naam aan die kompleks verleen het, en die Teepawiljoen (1830) in die boustyl van 'n antieke tempel vorm die twee hoofgeboue. Hulle is verbind deur middel van pergolas, arkades en tuine. Schinkel het die geboue volgens sy herinneringe aan sy tweede Italiaanse reis van die jaar 1828 ontwerp. Die Romeinse Bad - waarin nooit gebaai is nie - het uit die romantiese fantasie van die kroonprins voortgespruit.

Die name van die kamers dui op 'n mengsel van antieke villa en Romeinse terme. Die atrium, die binnehof van 'n Romeinse woonhuis, dien hier as ontvangkamer. Die impluvium, 'n bekken waarin in die Romeinse tyd reënwater in die atrium opgevang is, het sy naam hier aan 'n hele kamer verleen. Die viridarium ('n Romeinse groen- of koudhuis) is hier 'n klein tuinhof. Aan die Oud-Romeinse terme se terminologie is net die apodyterium (ontkleekamer) en caldarium (warmbad) ontleen.

Die nostalgiese kompleks van die Romeinse Baddens grens aan 'n kunsmatige meer, wat deur die beroemde Duitse tuin- en landskapsargitek Peter Joseph Lenné aangelê is. Die sogenaamde masjienepoel het sy naam aan die stoomenjinhuis met sy pompstasie te danke, wat in 1923 afgebreek is. 'n Monument herinner aan die gebou.

[wysig] Sanssouci

Die kasteel Sanssouci met die wynberg en waterfontein
Die kasteel Sanssouci met die wynberg en waterfontein

Die kasteel Sanssouci (Frans sans souci = sonder sorg) lê in die oostelike deel van die gelyknamige park en is een van die bekendste kastele in Potsdam. Sanssouci is deur die Pruisiese koning Frederik die Grote self ontwerp en in die tydperk tussen 1745 en 1747 as 'n klein somerkasteel onder die leiding van die argitek Georg Wenzeslaus von Knobelsdorff in die rokoko-boustyl opgerig.

Tydens die heerskappy van Frederik Willem IV is die kasteel in die jare 1840 tot 1842 volgens die planne van Ludwig Persius in sy huidige vorm omgebou.

Die Fluitkonsert van Sanssouci. Skildery deur Adolph Menzel (1852)
Die Fluitkonsert van Sanssouci. Skildery deur Adolph Menzel (1852)

In 1990 is die kompleks van Sanssouci met sy kastele en die uitgestrekte park deur UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Die kompleks, wat dikwels die "Pruisiese Versailles" genoem word, vorm volgens die UNESCO 'n sintese van die 18de eeuse kunsstyle in Europa se stedelike en hoofse argitektuur. Sanssouci word as 'n uitmuntende voorbeeld van die boukuns en landskapargitektuur teen die agtergrond van die monargistiese staatsidee beskou.

Die argitektuur van Sanssouci versinnebeeld die harmonie tussen mens en natuur, onder meer deur sy ligging op die spits van 'n wynberg. Die wynbou, wat in Brandenburg sedert die 13de eeu gedokumenteer is, het nooit 'n belangrike rol by die ontwerp van die vorstelike parke van die gebied gespeel nie. In Sanssouci is die wynberg egter as die middelpunt van die park ontwikkel en met 'n klein kasteel bekroon - wat Frederik die Grote sy Weinberghäuschen ("wynberghuisie") genoem het.

Die Pruisiese koning was van plan om hier tydens die somer met 'n pragtige uitsig oor die landskap in die middel van die natuur "sonder sorg" te woon om sy wye veld van belangstellings, waaronder kuns, te volg en om hom besig te hou met politieke vraagstukke. 'n Windmeul, wat reeds in 1736 op die wynberg in bedryf was, het die landelike idille nog versterk.

[wysig] Cecilienhof

Die kasteel Cecilienhof
Die kasteel Cecilienhof

Die kasteel Cecilienhof lê in die noordelike deel van die Neue Garten (Nuwe Tuin), naby die oewer van die Jungfernmeer. Hierdie laaste kasteel, wat deur die huis Hohenzollern gebou is, is onder die heerskappy van keiser Willem II vir die kroonprins Willem en sy eggenote Cecilie van Mecklenburg-Schwerin opgerig. Die kasteel is volgens die planne van die argitek Paul Schultze-Naumburg in die jare 1914 tot 1917 in die boustyl van 'n Engelse landgoed uitgevoer.

Die kasteel het wêreldwyd bekend geword danksy die Potsdam-konferensie van die geallieerde leiers van Brittanje, die VSA en die Sowjetunie, wat hier van 17 Julie tot 2 Augustus 1945 plaasgevind het.

Die fasades van Cecilienhof word oorheers deur bakstene en vakwerkelemente van donker eikehout. Kenmerkend is die 55 skoorstene in die Tudor-styl, waarvan geeneen op die ander lyk nie.

Ná die konferensie is die kasteel en sy park vir die eerste keer vir die publiek toeganklik gemaak. Die kasteel is aanvanklik gebruik as 'n opleidingsentrum van die Demokratiese Vrouebond (Demokratischer Frauenbund, DFD) van die DDR. In 1960 is 'n hotel in die westelike vleuel geopen, wat op gaste met buitelandse valuta gemik was. Die luukse hotel bestaan nog steeds.

Die kasteel dien ook as 'n museum, wat die Potsdam-konferensie behandel. Ook die privaat vertrek van die kroonprins en sy eggenote staan oop vir besoekers. Daarnaas onthaal die regering van die deelstaat Brandenburg hier soms gaste soos byvoorbeeld die Britse koningin Elizabeth II in die jaar 2004.

Die kasteel Cecilienhof is deur UNESCO in 1990 saam met die kastele en parke van Potsdam-Sanssouci en Berlyn (Glienicke en Poue-eiland) as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Dit word beheer deur die Stigting vir Pruisiese Kastele en Tuine in Berlyn-Brandenburg.

[wysig] Onderwys

Die Nuwe Paleis-kampus van die Universiteit van Potsdam
Die Nuwe Paleis-kampus van die Universiteit van Potsdam

Potsdam beskik oor 'n aantal belangrike onderwysinstellings. Die Universiteit van Potsdam is in 1991 as 'n universiteit van die deelstaat Brandenburg gestig. Sy voorlopers was die Brandenburgse Hoër Onderwysskool (Brandenburgische Landeshochschule), wat in 1948 gestig en teen die begin van die vyftigerjare met die Pedagogiese Skool "Karl Liebknecht", een van die grootste in die DDR, versmelt is.

Ander belangrike tersiêre onderwysinstellings is die Hoër Onderwysskool vir Film en Televisie "Konrad Wolf" (HFF Babelsberg), wat in 1954 as Duitse Hoër Onderwysskool vir Filmkuns gestig is en sedert 1985 sy huidige naam Hochschule für Film und Fernsehen (HFF) dra.

Die Technikon Potsdam is 'n nuutgestigte instelling, wat deur die deelstaat Brandenburg in die lewe geroep is. Dit het saamgesmelt met die voormalige Potsdam-kampus van die Hoër Onderwysskool vir Reklame en Ontwerp.

[wysig] Ekonomie

Potsdam trek voordeel uit sy ligging digby Berlyn, maar het desondanks tot 'n onafhanklike ekonomiese sentrum ontwikkel, wat veral op die mediabedryf, inligtings- en kommunikasietegnologieë, biotegnologie, handel, banke, assuransies en toerisme steun. Die hoëtegnologiebedryf is tans die snelgroeiendste sektor.

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu