Rosendal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Rosendal is 'n klein dorpie in die Oos-Vrystaat wat op 'n westelike rigting tussen die dorpe Ficksburg en Fouriesburg geleƫ is. Die Rosendal Teater is onlangs gestig en die dorpie het 'n paar kunstenaars wat hulle daar tuisgemaak het.
Rosendal is in 'n vallei geleƫ wat omring word deur die Witteberge. Die area is ongeveer 2400 meter bo seevlak wat die winter uiters koud maak.